N2 in Tsitsikamma gesluit weens veldbrand

Argieffoto bloot ter illustrasie 

’n Veldbrand in die Tsitsikamma het wetstoepassingsowerhede Maandag genoop om ’n gedeelte van die N2 in die omgewing te sluit.

Unathi Binqose, woordvoerder van die LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling in die Oos-Kaap, het bevestig dat die N2 by Coldstream tans gesluit is. Verkeer word in dié stadium via die R102 na die Wes-Kaap herlei.

“Die rook is te dik. Dit beïnvloed sigbaarheid.”

Binqose sê voorts die vlamme woed tans aan albei kante van die snelweg. Die gepaardgaande temperature is glo in dié stadium so hoog dat dit motorvensters kan laat kraak.

Die plaaslike wetstoepassingsowerhede is in die omgewing om verkeer te herlei terwyl brandbestryders die vlamme blus.

“Ons is bewus van hoe belangrik daardie gedeelte van die pad is en van die ongerief wat dit veroorsaak, maar dit is ’n noodsaaklike ongerief,” sê Binqose.

Maroela Media het vroeër berig die weerdiens het vir vandag ’n geel vlak 2-waarskuwing teen sterk winde – wat skade aan infrastruktuur kan aanrig – in die suidelike dele van die Namakwa-distrik, die Sentrale en Klein‑Karoo, die Kaapse Wynland en die Tuinroete uitgereik.

Die weerdiens het ook gewaarsku teen wegholveldbrande wat weens dié winde in hierdie gebiede kan ontstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jr ·

‘n Veldwagter het ons vertel hierdie vure is aspris aan die brand gesteek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.