N2-ongeluk: 2 dood, 52 beseer

Argieffoto

Argieffoto

Minstens twee persone is Donderdag dood in ʼn ongeluk op die N2 naby Harding in KwaZulu-Natal.

“Twee busse, ʼn vragmotor en twee koeie was in die ongeluk betrokke,” het Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, gesê. “Minstens 52 persone is beseer, waarvan nege ernstige beserings opgedoen het.”

Die pasiënte is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na plaaslike hospitale geneem is vir verdere mediese behandeling.

Een van die busse het op sy sy gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend,” het McKenzie bygevoeg. “Die polisie stel ondersoek in.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Winston ·

Ja die arme koeie en nou het hulle ook nie eers meer n eienaar nie. Jammer maar sal die melk nogal mis

Peet Schabort ·

Loslopende diere op die pad sal altyd ‘n probleem wees, so wees maar altyd op die uitkyk.
Hier het ook nie die reël van ‘ek is die grootste’ gegeld.

Fanie ·

Dit laat my dink aan Botswana. Diere sal seker een v d dae hier ook vry en los rondloop. Who cares?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.