N2 weens betogings gesluit

Betogers steek bande aan die brand. Foto: @Mel4Toti / Twitter

Betogers steek bande aan die brand. Foto: @Mel4Toti / Twitter

Die N2-snelweg naby Harding en Port Shepstone in KwaZulu-Natal moes Woensdagoggend vir verkeer gesluit word nadat inwoners in die gebied oor dienslewering betoog het.

“Sowat 400 mense het aan die betoging deelgeneem,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die pad is versper met klippe en bande wat aan die brand gesteek is.”

Die inwoners het ook watertenks beskadig. Die polisie was op die toneel om die situasie dop te hou.

Volgens Zwane is niemand beseer nie.

Verkeer in die omgewing is erg ontwrig. Die snelweg is intussen weer vir verkeer oopgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.