N3-betoging: Nóg verdagtes vas

Foto: Twitter

Nóg mense is in hegtenis geneem nadat 35 vragmotors Sondagaand tydens ʼn betoging op die N3 by die Mooirivier-tolplaza in KwaZulu-Natal beskadig is.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag gesê altesaam 56 mense is sedert die voorval in hegtenis geneem.

Die verdagtes is tussen 17 en 46 jaar oud en is in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld en die besit van vermeende gesteelde goedere.

Hulle sal na verwagting Woensdag in die Mooirivier-landdroshof verskyn.

“Daar is beslag gelê op kruideniersware soos vleis, snesies en toiletpapier asook vloerteëls toe die polisie Maandag ʼn klopjag in die omgewing uitgevoer het,” het Mbhele gesê.

Mbhele het gesê die polisie is steeds in die omgewing en monitor die situasie. Meer inhegtenisnemings word verwag.

Maroela Media het vroeër berig die protesoptrede het begin toe ʼn groep mense omstreeks 19:30 voorwerpe op die snelweg gegooi en vragmotors aan die brand gesteek het.

Mbhele het gesê die betogers wat klippe en brandende voorwerpe gegooi het, het “uitgebreide skade” in die gebied aangerig. Polisiebeamptes is ontplooi en het die skare uitmekaar gejaag wat besig was om die brandende vragmotors te plunder. Terselfdertyd was die snelweg etlike ure vir verkeer gesluit, wat massiewe verkeersopeenhopings veroorsaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Rina ·

Ja kyk dis amper asof ons in die wilde weste bly ..waarom als so plunder en brand ekonomie toestande is nie ñ verskoning nie… Daars armer lande as S.a is net plain weg swak opvoeding.

Johann ·

Geen gevoel nie, dit is mos nie hulle sin nie, en hoe gaan hulle ooit hiervoor betaal

Natan ·

Maak maar reg, daar kom ‘n burgeroorlog. Die maat is vol.

Voorsorg ·

Hulle tref voorsorg vir die toekoms nadat die wittes landuit is. Slim beplanning . . .

andre swanepoel ·

owehede moet regstelsel opdrag gee om baie swaar strawwe op te le vir vandalisme en sulke saakbeskadiging. As strawwe nie ‘n afskrikmiddel is nie gaan hierdie dinge nooit ophou nie.

snoefie ·

laat hulle skadeverfoeding betaal. hulle sal nooit weer n bottwl bier, selfoon of lugtyd kan beskostig nie. sal sien hoe gou vind almal uit wie het hulle betaal om te staak en opdrag gegee om te breek en brand.

jan ·

die 17 jariges is minderjarig, sal seker in hulle ouers se sorg vrygelaat word. net om weer te gaan betoog…….dit is mos hoe dit werk .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.