N3-betoging: Tientalle vas ná 35 trokke deurloop

Die toneel Maandagoggend by die Mooirivier-tolplaza na die gewelddadige betoging die vorige aand (29 April 2018). Foto: Twitter via @crimeairnetwork

Altesaam 35 vragmotors is beskadig en 54 mense in hegtenis geneem tydens ʼn betoging Sondagaand op die N3 by die Mooirivier-tolplaza in KwaZulu-Natal wat bestempel word as een van die ergste aanvalle nog op vragmotors.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het bevestig die protesoptrede het begin toe ʼn groep mense omstreeks 19:30 voorwerpe op die snelweg gegooi en vragmotors aan die brand gesteek het. “Altesaam 35 vragmotors is beskadig, waaronder die vragmotors wat aan die brand gesteek is,” het sy gesê.

Sy het gesê die betogers wat klippe en brandende voorwerpe gegooi het, het “uitgebreide skade” in die gebied aangerig. Polisiebeamptes is ontplooi en het die skare uitmekaar gejaag wat besig was om die brandende vragmotors te plunder. Terselfdertyd is die snelweg heeltemal vir verkeer gesluit wat massiewe verkeersopeenhopings veroorsaak het.

Vragmotors wat op die N3 aan die brand gesteek is. Foto: Twitter

Altesaam 54 verdagtes is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld en sal vandag in die Mooirivier-landdroshof verskyn.

Mbhele het gesê teen 08:30 vanoggend was die situasie in bedwang, maar die pad is steeds gesluit weens die wrakke van die gebrande vragmotors wat daar staan. Verkeer word langs alternatiewe roetes herlei, terwyl die toneel opgeruim word en polisiebeamptes steeds in die gebied ontplooi is.

Intussen het Dylan Meyrick, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, die betoging as “ʼn donker uur” vir die vragmotorbedryf in Suid-Afrika bestempel. Meyrick meen die betoging was nie weens ontevredenheid oor dienslewering nie.

Die toneel Maandagoggend by die Mooirivier-tolplaza na die gewelddadige betoging die vorige aand (29 April 2018). Foto: Twitter via @crimeairnetwork

“Daar is die een of ander ‘groter’ georganiseerde groep wat die vragmotorbedryf teiken om die een of ander rede – na bewering in protes teen die indiensneming van buitelandse vragmotorbestuurders deur plaaslike maatskappye,” het hy gesê.

Meyrick het gesê dit is die vierde aanval op vragmotors by die Mooirivier-tolplaza in die afgelope vier weke. Hy het motoriste aangeraai om die gebied sover moontlik te vermy en meen dit kan tot vanmiddag duur om die toneel op te ruim en die pad weer oop te stel.

Genl.maj. Bheki Langa, waarnemende provinsiale polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, het die betoging ten sterkste veroordeel en dit as “onaanvaarbaar” bestempel. “Ons sal al ons pogings verskerp en seker maak dat diegene wat hiervoor verantwoordelik is aan die pen ry,” het Langa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

thinus erasmus ·

Ek daag enige persoon uit om aan ons te verduidelik hoekom die Nuwe SA nie reeds in ‘n begin stadium van anargie is nie. Die regering, nee die staat, ( en baie ander ) het nog oogklappe aan en hanteer die PLUNDERAARS nog met handskoene. Gee maar nog so bietjie tou, binnekort word dit n lont en n lekker groot vuil bom aan die anderkant.

Casper Labuschagne ·

@thinus erasmus – Jy is nader aan die waarheid as wat jy sal besef. Daar bestaan ‘n langtermynplan van die SAKP wat al in 1978 geformuleer is en oop en bloot op hul webblad verskyn het tot betreklik onlangs, maar in 2016 verwyder is nadat Frans Cronje van die SAIRR daaroor berig het. Die plan is dat omdat die SAKP nooit deur die stembus die land kan oorneem nie, moet daar na die wit regering eers ‘n swart regering kom. Maar die interim swart regering sal nie aan die sosiale behoeftes van die land kan voldoen nie, en onluste en anargie sal so uitbrei dat daardie swart regering moet misluk. Eers dan sal die progressiewe elemente in die interim regering die leisels oorneem en ‘n suiwer sosialistiese staat instel. Let daarop dat sleutelposisies binne die ANC regering deur SAKP lede gevul word, en dit is hulle wat doelbewus so regeer dat die land afstuur op mislukking, juis sodat hulle dan kan oorneem.

‘n Soortgelyke interim regering onder Kerensky is in Rusland gestig na die abdikasie van die Tsar in 1917 en wat dan ook misluk het onder die aanslag van Bolsjewiste.

Eish ·

Jy slaan die spyker senter op sy kop.
Die voortdurende eskalasie van die insidente asook die totale gebrek aan kapasiteit van die wetstoepassingsagentskappe om dit te voorkom, dui op doelbewuste tafeldek vir anargie.
Eers is hoofweë met baie taxi’s geblok. Getalle is dus aangewend sonder veel agressie.
Daarna vind n opgradering plaas na vragmotors ten einde verkeer te laat ophoop en diegene vasgevang daarin in immobiele teikens te verander.
Die volgende opgradering sien brandende bale en buitebande en dan die plundering van die vragmotors se inhoud. Bestuurders is gedreig maak nie gedood nie.
Drywers word nou deur voertuie van die pad geforseer. Sleutels word afgeneem en hul word gedreig om lewendig vebrand te word. Buiten die plundering word alles aan die brand gesteek.

Ons lees al hoe meer van polisiebeamptes wat deelname in die stropery, dus word dit toegelaat.
Die doel van die aksies, die inboeseming van vrees, die bedmaat van anargie.

Besighede is tans die groot teiken van oproer, hetsy langs die pad of in n dorp. Transitorowers slaan toe in beboude gebiede.

Is dit alles deel van die paddakook resep?
Is dit deel van die radikale ekonomiese transformasie?
Alles dui tog daarop.

Natan ·

Om hierby aan te sluit. Die SAKP se sekretaris-generaal was minister van hoër onderwys onder Zuma. Ons kry toe studentegeweld wat gratis hoër onderwys vir sekeres bewerkstellig het, maar die ekonomie laat skaad en ‘n verhoging in die BTW koers. Die einste persoon is nou minister van vervoer onder CR en ons kry die busstaking en hierdie vragmotor anargie. Is daar ‘n verband? Daar trek beslis ‘n rook want dit brand. Daarmee saam die Zuma en CR faksies wat binne die ANC stry en ook ‘n verskroeide aarde bewind toepas soos in Noordwes. In KZN is die faksies ook aan stry om mag.

Hanna ·

Inhegtenis geneem, Dan raak hulle meer opstandig en hulle gaan erger tekere. DIE REGEERING SIT MET OOGKLAPPE AAN. Klim in en maak skoon, die SAPS het lewendige groot amunisie, waarom gebruik hulle dit nie?

Mischa Slabbert ·

Hoe kan hierdie aksie as ń betoging beskryf word.
Dit is suiwer vandalisme.

Welkom In SA ·

Ons almal weet woe floreer in sulke situasies…. Ons moet maar gewoond raak aan dit. Gaan sekerlik nog meer sulke berigte begin lees.

Bekommerd ·

Wel, as daar nie iets aan gedoen word nie, dan gaan privaat besighede dit nie oorleef nie. Ook kan hul maar vergeet om internasionale investering te trek. Ons ekonomie trek reeds swaar en om hierdie anargie te laat aanhou gaan beslis die tot stilstand van die ekonomie bewerkstellig.

Chris Ws ·

Die Kommissaris van KZN moet gedagvaar word vir al die vragmotors se skade en klaar.Dan sal die polisie in die toekoms dalk vinniger en daadwerkliker optree teen kriminele wat voertuie en vragmotors aan die brand steek.54 is gearristeer?Dis ‘n grap!daar was baie meer as 54 wat deelgeneem het.Hulle hoort ALMAL wat op die toneel was gearristeer het en agterna gesif het om onskuldiges dan vry te laat.Hier sal DAADWERKLIK opgetree moet word en gou.

Ri-Ri ·

Regering doen niks want verkiesing is mos vlge jaar. Die wat vragmotors afbrand het hulle agenda en die ander lot floreer op die diefstal van die trokke se vragte

Casper Labuschagne ·

35 Trokke waarvan die vrag nie vanoggend in Gauteng afgelewer sal word nie. Goedere wat weer ingevoer moet word. Fabrieke in Gauteng wat hul produksie moet aanpas omdat kritiese onderdele of komponente nie beskikbaar is nie. Winkelrakke wat sal leegstaan omdat voorraad geplunder is. Maar dit is ook 35 trokke wat nie meer op die pad is nie, waarvan heelparty aan privaatkontrakteurs behoort en moontlik nie weer vervang sal kan word nie. Mense wat hul werk verloor, dalk om nooit weer werk te kry nie.

Die SAPS tas ‘n maand na die vorige voorval steeds rond en hier gebeur dit weer. Daar is ‘n dun blou lyntjie tussen ons en totale wetteloosheid en duidelik funksioneer daardie blou lyntjie nie meer so effektief nie.

WYSNEUS ·

Hierdie trokke en vragte het SASRIA dekking en word deur SASRIA uitbetaal. SASRIA behoort aan die staat en so betaal die staat vir hierdie skade wat aan gerig word. Die trok eienaar betaal wel n premie vir die dekking maar dit is baie min.

Peet du Preez ·

Laat my dink aan die storie van die brawe blaffende hondjie wat elke dag die bus gejaag het .Toe eendag vang hy die bus ….?
So lyk my is wat gebeur deesdae .Die plunderaars word gevang deur die polisie en …..??

christa ·

die ANC keur dit goed at hulle mense mag plunder, dis hulle geboortereg om te moor en plunder. Hulle word gearresteer maag more is hulle weer op hulle pos by die volgende plundery

Renier ·

Hulle gaan pogings verskerp om hulle aan die pen te laat ry.??? Snaaks, hoor gewoonlik nooit dat die mense (?) tien of vyftien jaar tronkstraf kry nie of n hofbevel dat hulle die skade moet vergoed nie

Piet Pompies ·

Die bewering is dat buitelanders in diens geneem word om swaar voertuie te bestuur, die unie wat SA bestuurders ondersteun reel blykbaar hierdie aanvalle op swaarvoertuie ten einde vrees te skep onder buitelandse bestuurders.

Vermeendes ·

Nee Piet jy is verkeerd, geen buitelanders is aangeval volgens my kennis nie, die motief is eerder n magstreid, die begin van burgeroorlog.

ferdi ·

Dit moet so wees die land brand en die President lees koerant

Robby ·

As ñ mens kyk na omstandighede. Dan sal jy sien dat dit alles gaan oor zenofobië. Daar is teveel werkloosheid in Suid Afrika. Daar is teveel maatskappye wat gebruik maak van Zimbabwiers en ander immigrante. Alhoewel dit is goedkoop arbeid. My oorlede pa het altyd gesê goedkoop ís duur koop. Onthou alles het ñ prys in Suid Afrika.

geregtigheid ·

Wat het geword van sogenaamde ‘ubuntu’? Absolute kriminele skande!

Buurman ·

Suid Afrika is vermoor,klaar dood.Nou stink dit net van verotting.

Hannetjie vd Merwe ·

Weet iemand of die N3 nog gesluit is? Ons is oppad huistoe op KZN Suidkus en is dus op die N3. Ons gaan in die omgewing van 15H00 daar verby moet gaan…

Dieter ·

The communists and the Muslims want and are going to take Africa over unless something gets done to save Africa!!!

Gemakserde Sopbeen ·

Die land is oorstroom van “We are one” Afrikane…..wat na SA toe kom om hier te plunder en te vat. Toe die nuwe SA tot stand kom, was al die geld wat beskikbaar was vir byvoorbeeld SA Spoorwee en SA Poskantoor en Munisipale Busvervoer aangewend vir “social grants”…en AL daardie sisteme het begin faal. Dit het beteken dat die treine staan, en elke “brother from another mother” het ‘n trok gekoop en ‘n “kontrak” gekry. Nou staan die treine, en die trokke word gebrand…..en binnekort is al die winkelrakke leeg. In watter Afrika land het ek dit nou weer gesien en beleef? O jaaaaa……ALMAL!!

Niel ·

Dan gaan bedel Ramaphosa en kie in die buiteland vir beleggings? Wie sal so dom wees om hier te kom belê?

Reguit ·

Woordjies soos “tientalle vas” het geen impak meer nie, want oormore is hulle weer uit op borg, terwyl Azanië se tronke lankal oorvol is. En volgende week brand hulle maar net wéér ‘n volgende dosyn trokke uit, of plunder en brand hulle weer die volgende dorp tot op die grond af. En só ‘floreer’ die linkses se wonderlike Nuwe Azanië voort – reguit af ondertoe. Beste opsie is om daardie gruwelike hool te verlaat en te emigreer.

christa ·

niemand wil SA burgers aanstel nie agv die gestaak vir enigiets. Buitelanders werk en staak nooit nie. Hulle werk ook harder. CR is ook net ‘n ANC. dieselfde uitkyke as sy meelopers.

PJC ·

Dit is duidelik dat die geweld tydens proteste al meer geweldadig word. Een of ander tyd gaan dinge hand uit ruk en dan gaan daar groot ellemnde wees.

Jack Klok ·

Ek wonder net hoe verduidelik Ramaphosa se 4-man beleggings werwing span hierdie gemors aan die buitelandse beleggers wie se geld hulle so graag in Seffrica belê wil hê. Hoe oortuig jy ‘n potensieële belegger dat Seffrica ‘n veilige plek is om te belê en dat ons ‘n land van wet en orde is? Ons volgende afgradering lê net om die draai. Volslae rommelstatus sal tot gevolg hê dat buitelandse beleggers nie meer Seffricaanse staatseffekte mag koop of in hulle portefeuljes mag hou nie en massa uittog van buitelandse beleggings sal volg. Die rand se waarde sal deur die vloer val en regringsinkomste sal sterk daal. Al daai miljoene staatsamptenare wat sulkke vet salarisse en huis en motor toelaes kry asook al die welsyn ontvangers gaan skielik droëbek sit. As ‘n kaartehuis eenmaal begin val stort dit in ‘n oogwink ineen.

En moenie dink die IMF of die wereldbank sal help nie.

Jacqueline Wilkinson ·

Die regering se plan is om chaos te veroorsaak,asook vrees in te boesem.Daar is bewys dat hulle van die begin af planne uiteengesit het om hierdie situasie te skep sodat hulle totale beheer het oor die land.Die kommunistiese stelsel het tot gevolg dat alle bestaande wetlike stelsels en orde by die agterdeur uit is.Regering verryk hulself,ongeregtigheidcen onregverdige behandeling van minderheid lei tot n klimaks wat binnekort gaan ontplof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.