N3 by Van Reenenspas tot stilstand gedwing

Vragmotors versper die N3. (Foto: SAPD/Twitter)

Vragmotorbestuurders het Donderdag vroegoggend die N3-snelweg by die Van Reenenspas in KwaZulu-Natal tot stilstand gedwing. Motoriste word nou aangeraai om die roete te vermy indien moontlik.

Thania Dhoogra, bedryfsbestuurder van die N3-tolkonsessie (N3TC), het vanoggend aan Maroela Media gesê vragmotorbestuurders het die snelweg in albei rigtings versper wat tans hewige verkeersopeenhopings veroorsaak.

Die Tugela-tolplaza by Ladysmith is intussen op versoek van wetstoepassingsowerhede gesluit vir noordwaartse verkeer. Noordwaartse verkeer word tans van die N3 af by die Colenso/Frere-wisselaar herlei.

Dhoogra sê die wetstoepassingsowerhede is op die toneel. Dit is egter nie duidelik wanneer die snelweg weer oopgestel sal word nie.

“Ons verwag vertragings en raai motoriste aan om dus eerder weg te bly aangesien nog verkeer moontlik tot die chaos kan bydra.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.