N3 gedeeltelik gesluit weens betoging

Foto: ANA

ʼn Gedeelte van die N3 in KwaZulu-Natal is Woensdagoggend ure lank gesluit nadat talle vragmotor tydens ʼn betoging die snelweg afgesper het.

Anita Heyl, woordvoerder van die N3-tolkonsessie, het teen 11:30 gesê die N3 in beide rigtings by Van Reenenspas tussen Harrismith en die Tugela-tolhek is onbegaanbaar. “Hoewel die situasie kalm is, kan geen voertuie op dié stuk pad verbybeweeg nie,” het sy gesê.

Motoriste is aangeraai om die gebied te vermy en van alternatiewe roetes gebruik te maak. Roetes wat wel oop is vir verkeer is die R74 via die Oliviershoekpas, die R34/N11 deur Vrede en Newcastle en die R23 deur Heidelberg, Standerton en Volksrust na Ladysmith.

Na raming word meer as 100 vragmotors gebruik om die N3 af te sper. Vragmotorbestuurders betoog teen die aanstel van buitelanders en dié se sleutels is glo by hulle afgeneem. Nooddienste en polisiebeamptes is op die toneel ontplooi, maar daar is tans nog geen aanduiding wanneer die pad weer oopgestel sal word nie.

In April is talle vragmotors by die Mooirivier-tolhek aan die brand gesteek toe plaaslike vragmotorbestuurders ook betoog het teen vragmotoreienaars wat buitelandse burgers as drywers aanstel.

Motoriste kan die N3-tolkonsessie se 24 uur-hulplyn skakel by 0800 63 4357 vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Liberaal ·

Liberale verlinkse meesters, dink julle nie julle vat die planne om die land in anargie te dompel te ver nie?

Koos ·

Hierdie soort nonsens dat openbare paaie, openbare gebiede oral, deur allerlei betogings tot stalstand gedwing word deur brandende bande, ens., MOET BAIE VINNIG STOP GESIT WORD.

Dit beswadder ons land se naam net al meer en meer, belemmer die ekonomie nog verder en is ‘n duidelik teken van betogers se UITERS SWAK GEDRAG wat voortspruit uit sake wat hoegenaamd niks buite hulle eie gebiede met die res van Suid Afrika, te make het nie.

Boonop is dit ‘n duidelike bewys van die regerende party se onvermoë om dissipline en orde in ons land te handhaaf.

Genade, wie wat by sy volle verstand is, wil in so ‘n korrupte, onregeerbare nes, sy swaar verdiende geld kom belê???

KOM by ANC en CR!!!

Elize ·

Die alternatiewe paaie wat gebruik moet word is ‘n lokval van hierdie wesens. Hoeveel van hulle wag nie om aan te val as jy die ompad moet ry nie. Vertrou hulle so min as wat ek aan die man in die maan glo. Hulle is slimmer as wat ons hulle gelyk gee hoor. PASOP!!!!!!!!!!!

LV ·

Daar het die afgelope paar maande verskeie soortgelyke gevalle mbt vragmotors plaasgevind.Dis absoluut skokkend dat die polisie nog geen gebeurlikheidsplanne in plek het om dit aan te spreek nie.Vroeer jare was daar vir elke denkbare scenario sodanige planne inplek,en is die voorval dan behoorlik en ge ko oordineerd aangespreek.Al wat n mens deesdae hoor is dat die polisie die gebeure monitor.Foeitog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.