N3 gesluit na polisie-skietery

Die toneel op die N3 in Modderfontein, Gauteng Foto: @itrafficgp, Twitter

Die toneel op die N3 in Modderfontein, Gauteng Foto: @itrafficgp, Twitter

Twee polisiebeamptes is glo Sondag tydens ʼn skietery met misdadigers op die N3 naby Modderfontein in Gauteng geskiet.

Eyewitness News het berig die twee beamptes is met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Maj. Mack Mngomezulu, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê hy is nog op pad na die toneel en kan nog nie verdere inligting bekend maak nie.

Die snelweg is gesluit sodat die helikopter kon land en verkeer word erg ontwrig in die omgewing. Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Ek hoop die misdadigers is gearresteer sodat hulle moeite en beserings nie vrugteloos sal wees nie.

Filip ·

Ons het vir 2 ure in die verkeer vasgesit voordat ons by Marlborough afrit kon kom. Hoekom het die Metropolisie nie die verkeer by Bucclues wisselaar herlei nie?

Leeutjie ·

Filip ons was op daardie stadium op pad noorde toe. Dit was erg! Het die mense jammer gekry wat daar was. Mense het uit hulle karre geklim en teen die walle gaan staan. Die ergste verkeer ontwrigting wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Selfs ons wat Pretoria toe op pad was moes stadiger ry vir die nuuskieriges wat oponthoud veroorsaak het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.