N3-geweld: Meeste verdagtes vrygelaat

Vragmotors wat op die N3 aan die brand gesteek is. Foto: Twitter

Die meeste verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn gewelddadige betoging Sondagaand by die Mooirivier-tolplaza op die N3, waartydens 35 vragmotors aan die brand gesteek of beskadig is, is nie aangekla nie.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê van die 56 verdagtes wat in hegtenis geneem is, het slegs agt verdagtes Woensdag in die hof verskyn. Volgens Mbhele is die ander verdagtes vrygelaat ná oorlegpleging met die staatsaanklaer weens ʼn tekort aan bewyse teen hulle.

Ses van die agt wat in die hof verskyn het, sal in aanhouding bly tot 7 Mei, terwyl die ander twee, wat minderjarig is, in die sorg van hul ouers vrygelaat is.

Maroela Media het vroeër berig die betoging Sondagaand by die Mooirivier-tolplaza het daartoe gelei dat die snelweg in albei rigtings vir etlike ure gesluit is terwyl die toneel opgeruim en die wrakke van die uitgebrande vragmotors verwyder is. Die betogers het voertuie met klippe bestook, vragmotors aan die brand gesteek en daarna die brandende vragmotors geplunder.

Die betoging was na bewering in protes teen plaaslike maatskappye wat buitelandse vragmotorbestuurders in diens neem. Die omvang van die skade is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Bos hof ·

Dan wonder die polisie nog hoekom gemeenskappe reg in eie hande wil neem. Dis hoekom, misdadigers word heeltyd vrygelaat.

Vryedenker ·

Vryheid sonder verantwoordelikheid vir almal. Laat hulle doen wat hulle wil en dan vrygelaat word in die gees van liberalisme. So sal liberale waardes die einde van die beskawing veroorsaak.

Hanna ·

Nou hoekom is ek nie verbaas nie? Crime pays. Dit is nou maar wors.

HPV ·

Is ons nie verbaas nie? Hulle mag mos vragmotors aan die brand steek en plunder!

Gerhard Bezuidenhout ·

Indien vuur met vuur beantwoord was sou daar nie twyfel gewees het of hulle skuldig was of nie.

JM ·

Waar om doen hulle nog moeite om verdagtes in hegtenis te neem as hulle weer vrygelaat word om maar net weer te betoog en weer klippe te gooi en voertuie aan die brand te steek.

Werner ·

Dit gebeur met plaasaanvallers ook wat gearresteer word dit is net om ons te bluf dat daar arrestasies gemaak word maar beteken niks

JAnee ·

DAARSHY ek het dit net gister gese terwyl die hoopvolles gepraat het van hoe effektief die polisie was om die mense in hegtenis te neem . .. MEESTE indien nie almal nie word vrygelaat, diegene wat die DOOD Van een van die bestuurders veroorsaak het ook diegene wat direk verantwoordelik was vir die BRANDSTIGTING, vernietiging en diefstal van alles op die trokke .. neewat kry vir julle . moenie more huil die land is buite beheer nie .. JULLE HET DIE KRIMINELE VRYGELAAT !!

jaco ·

So die verdagtes was reg. Dit is inderdaad verkeerd dat buitelanders as drywers aangestel word en nie plaaslike mense nie.
Eks bly dat xenofobie nou dus uiteindelik goedgepraat word. Hoe raak ons nou van die ander 5 miljoen onwettige immigrante ontslae?

GM ·

Ag siestog, die bloedjies is oud genoeg om goed aan die brand te steek en klip te gooi, maar nie oud genoeg om opgesluit te word nie. Dis nou hoe ‘n mens vir ‘n ‘kind’ leer dat jou aksies nie nagevolge het nie. Die belastingbetaler sal maar aanhou betaal vir jou ‘foute’.

Kannaland ·

Vals nuus loop so rond oor ander mediagroepe. Hulle het gese die betogers is vragmotorbestuurders, en sover ek weet moet mens 18 of ouer wees voor jy vragmotors kan bestuur.

Grassie ·

Die regering wil nie die plunderaars aankla nie want dit is na hul mening nie polities korrek nie. Die peoples mag mos maar “protesteer” want hulle is die regering se eie kaders, hul stemvee. Wat daar plaasgevind het was openbare geweld. ‘n ernstige misdaad teen die gemeenskap. Daar is iets soos gesamentlike opset. Dit beteken dat almal wat meedoen ewe skuldig is, nie net die persoon wat die vuurhoutjie trek nie. Hulle sal seker op die ou end almal vrylaat want hulle kan nie verseker sê wie die vuurhoutjie getrek het nie. Wanneer witmense aangekla word, is die aanklaers skielik vreeslik wetsgeleerd en word begrippe soos gesamentlike opset en kousaliteit uitgerafel en ook wanaangepas, soos bv in die doodskissaak.
Ou Eish wat soms hier kommentaar lewer noem hierdie land met reg ‘n helhool. Trompie van Amerika het ‘n nog beter beskrywing.

Liberaal ·

Arms onskuldige honger kinders, ek kry hulle so jammer. Ons liberale mense moet ons huise vir hulle oop maak, laat hulle in ons kamers kom bly en ons elke dag vir hulle n warm bord kos gee.

Slaap ·

…….en dan word jy beroof of waarskynlik in jou slaap vermoor…..

Liberaal ·

Nee sies Slaap, moet nie aan jouself dink nie, jy moet bereid wees om jouself, jou lewe, jou gesin en jou land en taal af te gee, wees onselfsugtig soos die liberale kode vereis anders is jy outyds en klou aan die verlede vas.

Reguit ·

Ek was toe reg. Sirkus Azanië en sy oorvol tronke. Hahahahahahahahahaha………..

Liberaal ·

Nee sies Slaap, moet nie aan jouself dink nie, jy moet bereid wees om jouself, jou lewe, jou gesin en jou land en taal af te gee, wees onselfsugtig soos die liberale kode vereis anders is jy outyds en klou aan die verlede vas.

Casper Labuschagne ·

Vrygelaat sonder om aangekla te word – hoe was ek dan ooit so naïef as om te dink dat dit enigsins andersins sou verloop?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.