N3 heropen ná betogers vragmotors brand

Minstens een vragmotor is op die N3 aan die brand gesteek. Foto: Twitter

Inwoners van Howick in KwaZulu-Natal se Middellande het Donderdagaand amok gemaak en vragmotors op die N3 aan die brand gesteek.

Die inwoners was ontstoke nadat hulle vroegaand ʼn stuk grond beset het, maar die polisie nege van hulle in verband met die grondgryppoging in hegtenis geneem het, het kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, Vrydagoggend aan Maroela Media gesê.

Ná die inhegtenisneming van die verdagtes het inwoners ʼn protesaksie gehou en die R617 asook die N3-noordwaarts met brandende buitebande en boomstompe versper. “Hulle het skote op die polisie geskiet,” sê Gwala, “ʼn vragmotor aan die brand gesteek en motoriste en polisiebeamptes met klippe bestook.”

Daar was berigte van voertuie wat beskadig is, maar niemand het ʼn klag by die polisie ingedien nie, sê Gwala. “Howick se polisie ondersoek ʼn saak van openbare geweldpleging.”

Die verdagtes (tussen 24 en 55 jaar) sou Vrydag in die landdroshof op Howick verskyn het.

Die N3 is Vrydagoggend vroeg heropen en die situasie was teen die middag weer rustig. Vrydag omstreeks 07:00 het die N3TC, wat die nasionale pad bestuur, getwiet dat die bane in albei rigtings heropen is en dat verkeer vrylik gevloei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Alida ·

Bheki Cele moet die SAPD net toestemming gee om die regte skote af te stuur. End of story. Dit sal nie weer gebeur nie.

alida ·

Willie totdat Cele die groenlig gee. Dan stop alles. Lees my kommentaar hierbo.

Cherokee ·

Hèt jou kommentaar bo gelees soos jy versoek, maar alhoewel ek jou kommentare geniet, lees ek dit altyd met die bewustheid dat jy vir grondhervorming en regstellende aksie stem.

m.d.r. ·

Kan ons net so ‘n 10% van die Schweizer Histeriese reaksie van die media hieroor kry…?
Wonder maar net…

Why? ·

Jeremia, is die mense nie lekker nie. Hulle behoort nie eers naby die snelweg te kom nie, hemel tog, wat het die vrag bestuurders of hulle personeel met die mense in die gebied se woon probleme te doen om so verontrief (gemoor) te word. Waar is die polisie, of is dit hoe vreedsaam en liefdevol die inwoners van KZN is teenoor hul medemens?

Peter Holmes ·

Totale anargie in die land. Die regering het geen beheer nie. Die vakbonde en die werklose massas regeer nou die land. Hulle sal dit nie in enige ander Afikastaar waag nie. Hulle sal voor die voet doodgeskiet word. As hulle tronk daar toe gaan kom hulle nie weer lewendig daar uit nie.

Koos de Meyer. ·

Ons moet ten duurste tol betaal en dan word jou lewe nog ingevaar gestel deur betogers. Wat sê snert is dit. Wetteloos en so sal dit aanhou want niks word gedoen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.