N3-hoofweg weer oopgestel ná brug ineenstort

Foto: Netcare 911.

Die N3-hoofweg tussen die Geldenhuys-wisselaar en Van Buurenweg naby Germiston is Donderdagoggend vroeg weer in albei rigtings vir verkeer oopgestel nadat ʼn voetgangerbrug Woensdag ineengestort het.

Ismail Vadi, Gautengse LUR vir paaie en vervoer, het dié nuus bevestig.

Maroela Media het vroeër berig dit sal die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) minstens 24 tot 48 uur neem om die struktuur te sloop, die puin op te ruim en daarna die snelweg weer oop te stel nadat die ondersoek afgehandel is.

Vyf mense, onder wie ʼn sewejarige meisie, is in die voorval beseer. Een kritiek beseerde vrou is per mediese helikopter na die naaste hospitaal gehaas.

Joe Maswanganyi, minister van vervoer, het Woensdag in ʼn verklaring gesê hy beplan om die toneel Donderdagoggend te besoek. Hy sal vergesel word deur ʼn lid van die Sanral-raad, Sanral se hoof uitvoerende beampte en ook senior amptenare van die Gautengse departement van paaie en vervoer.

Die brug is in 1978 opgerig en is al ’n geruime tyd nie meer in gebruik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frederik ·

Was SANRAL nie veronderstel om die brug in stand te hou nie. Dan sou hul mos die krake gesien het.

Raymond ·

Nee Frederik, het jy nie die “disclaimer” gesien nie? Die brug is opgerig in 1978

Samantha ·

Ohhhhh Raymond, jys reg, dit is seker nou apartheid se skuld.

Joe Downunder ·

Ek’s nou geruime tyd al uit SA. Woon tans in Australie. Maar ek kan sommer sien wat hierdie ondersoek se uitslag en bevindings gaan lees. 1978 _ Apartheid se skuld.

Piet Pompies ·

Snuffel beweer…….daar was ‘n verkeerbeampte met ‘n spoed kamera op die brug ten tye van die ineenstorting, blykbaar het sy gewig iets daarmee te doen. Gelukkig het die beampte nie beserings opgedoen aangesien ‘n klomp KFC verpakkings sy val gedemp het….

Johanna Botha ·

Blykbaar is die boute gesteel …onderhoud HALLOOOOO !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.