N3 in KwaZulu-Natal gesluit weens botsing

N3-ongeluk (Foto: Arrive Alive, Twitter)

Die N3-tolkonsessie het motoriste gewaarsku dat die N3-suid tussen Howick en Cedara in KwaZulu-Natal tydelik gesluit is. Dit nadat twee vragmotors Vrydag in die vroeë oggendure kop aan kop gebots het.

ʼn Vragmotor het glo op die N3-noord oor die middelman gejaag en in ʼn ander vragmotor wat in die teenoorgestelde rigting (suidwaarts) op pad was, vasgery. Volgens Anita Heyl, woordvoerder van die N3-tolkonsessie, het albei vragmotors aan die brand geslaan.

Heyl sê die brand is nou geblus, maar die pad bly steeds gesluit vir verkeer terwyl hulle skoonmaak. Padgebruikers kan vertragings verwag tot verdere kennisgewing, terwyl nooddienste op die toneel besig is.

Die verkeer sal via die R103 na die Howick-suid/Underberg-wisselaar herlei word.

Padgebruikers kan die N3-tolkonsessie se 24-uur-hulplyn  by 080 063 4357 vir meer inligting skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

EKKE ·

Die moontlikheid dat een van die bestuurders aan die slaap geraak het, kan dalk die rede wees?

Veens ·

Die pad is sopas weer oopgestel, en is nou net ‘n stroom vragmotors!

Leon ·

Lang afdraande, Ry op die remme, remme brand uit, geen remme, raak pad beister. Vragmotor bestuurder is nie bevoeg om vragmotor te bestuur. Dit is wat die nuwe Suid Afrika gebring het.

Petru ·

Hi Leon
ek gaan in die opsig met jou verkil. Ek is baie kere stom geslaan hoe vragmotor bestuuders vragmotors met n sleepwa aan hanteer. En nog tru rat parkeering doen. Ons kan nie almal onder dieselfde kamp skeer nie.

Lizelle ·

Ek ry daardie pad elke dag. Dis ongelooflik hoé vinnig en onverskillig daardie vragmotorbestuurders ry. Hulle jaag by mekaar verby. Kyk nie eers of daar motors in ander bane is nie en druk jou wat in klein motor ry maklik van pad af. Baie van hulle sit met selfone teen die oor terwyl hul so roekeloos ry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.