N3 in KZN gesluit; vertragings verwag

Argieffoto van N3. (Foto: Facebook)

Die N3-tolkonsessie het motoriste Vrydagoggend gewaarsku dat dié nasionale pad tussen Howick en Tweedie naby die Midmardam in KwaZulu-Natal tussen 08:00 en 10:00 heeltemal gesluit sal wees.

Anita Heyl, woordvoerder van die N3-tolkonsessie, sê dié sluiting is om Eskom in staat te stel om die oorhoofse kraggeleiers te vervang wat gesteel is. Die hele gebied is sonder krag gelaat nadat diewe die kraggeleiers weggedra het.

“Al die noordelike en suidelike bane sal gesluit wees en daarom kan verkeersopeenhoping en vertragings tussen 08:00 en 10:00 verwag word,” het Heyl gesê. Die sluiting is tussen die Howick/Midmar- en Howick-Noord/Tweedie-wisselaar.

Die Padverkeersinspektoraat en die Umgeni-munisipaliteit se verkeersbeamptes sal help om die verkeer tydens die padsluiting te herlei en die tolkonsessie se patrolliespanne sal ook gereed wees om bystand te lewer.

Padgebruikers kan die N3-tolkonsessie se 24-uur-hulplyn skakel by 080 063 4357 vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

t ·

Kraggeleiers vs drade of kabels?
Of is hierdie spesiale geleiers wat nie as een van die twee geklassifiseer kan word nie?

Hasie ·

Kan net Eskom se eie mense wees wat die kennis het van geleiers en kragdrade.

Andrew ·

As hulle weet hoeveel koper daar in spoedkameras is, dan poer-poer hulle nie nog met geleiers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.