N3-motoriste gewaarsku

Argieffoto

Die polisie in Villiers in die Vrystaat het motoriste, wat van die N3 naby Villiers en Cornelia gebruik maak, teen rooftogte gewaarsku.

“Motoriste word geteiken deur ʼn wit ongemerkte Toyota Corolla met ʼn blou lig en twee mans in polisie-uniform,” het konst. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die mans keer motoriste voor en beroof hulle dan van persoonlike besittings, soos kontant en selfone.”

Rani het gesê die polisie maan alle padgebruikers om nie vir enigiemand stil te hou indien enigiemand met ʼn blou lig of ongemerkte voertuig hulle wil voorkeer nie. “Motoriste word aangeraai om na die naaste polisiestasie te ry of dadelik die polisie te kontak,” het sy bygevoeg.

Die polisie in Villiers wil ook alle vragmotorbestuurders op die N3 in die gebied waarsku teen die diefstal van vragmotorbande. “Die oortreders teiken vragmotors waar die bestuurder deurnag langs die pad stilgehou het om te rus. Terwyl die vragmotorbestuurder slaap, slaan die oortreders omstreeks 02:00 toe en steel die bande. Ons maan vragmotorbestuurders om nie langs die N3 stil te hou nie. Parkeer eerder by ʼn veilige plek om daar te rus.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

willie ·

Hierdie berig laat my weereens dink aan die padteken van “beware of the pot holes” sonder dat daar aandag gegee word aan die instandhouding van die pad! Die polisie weet mos nou waar hierdie misdade gepleeg word, maar nou word die motoriste en vragmotorbestuurders gewaarsku sodat hulle hul hande in onskuld kan was! Pateties verby!

Johanné Steyn ·

Ons moet die polisie dagvaar omdat hulle hul plig versuim en nie hul werk doen waarvoor hulle met ons belastinggeld betaal word nie. En dan fire ons hulle. Daar is baie mense daar buite wat graag ‘n werk sal wil hê. Hulle weet mos nou van dié kar en skurke. Of moet dit eers een van hul kinders wees wat deurloop voordat hulle iets daaraan gaan doen? Swak, uiters swak.

Hanna ·

OK, julle weet nou die maak en kleur van die motor. Julle weet hoeveel skurke betrokke is. Julle ken die modus operandi… nou wat is die probleem? Stel n lokval en vang die skurke. Not exactly rocket science! Pateties.

Sakkie ·

Natuurlik is dit rocket science jy praat van werk en sjoe n LOKVAL is baie werk . Werk is erg jong

Eetplek ·

Ek glo nie daar is ‘n eetplek of koelteboom in daardie omgewing. Dit moet die rede wees. Natuurlik ook geen spietkop?

o ·

Hoeveel meer pateties kan mens kry? SAPD, slaap rustig voort. Ons sal uitkyk vir die kriminele!

Pieter ·

Dit lyk vir my asof Aardrykskunde se slaagsyfer net 3 % is in hierdie land, sover ek weet loop die N3 vanaf Villiers na Warden en nie na Cornelia toe nie. Swak beriggewing van julle om nie die fout te sien nie.Die pad wat na Cornelia toe gaan is die R103.

wielie ·

Ons sal uitkyk vir die krininele ……. en reg in eie hande neem. As SAPD nie te besig is om te rus of rond te skarrel met al die papier werk kan hulle dalk die aristasie kom doen As dit nie te VEEL MOEITE IS nie. Nuwe polisie kommesaris ……… geen wonder die arme SAPD is moedeloos!

gert ·

Watter pogings is deur SAPD aangewend sedert ontvangs van al die inligting om die skurke vas te trek ?? Miskien n groot KENNISGEWING op N3 aan skurke om by die naaste Polisiestasie aan te meld ASSEBLIEF ?????
Oneffektief en pateties

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.