N3 naby Estcourt gesluit

Argieffoto

Argieffoto

Die N3 naby Estcourt in KwaZulu-Natal is Vrydag gesluit weens diesel wat op die hoofweg gemors is.

Zinhle Mngomezulu, woordvoerder van KwaZulu-Natalse Padverkeersinspektoraat, het gesê ʼn vragmotor wat diesel vervoer het, het naby die Ultra City-vulstasie in die Midlands-gebied omgeslaan en duisende liter diesel het op die hoofweg uitgeloop.

Mngomezulu het gesê motoriste wat op die N3 in die rigting van Johannesburg reis, word via die R103 herlei terwyl die hoofweg gesluit is en skoonmaakoperasies aan die gang is. Mngomezulu het gesê dit is nog nie duidelik wanneer die N3-noord heropen sal word nie.

Niemand is in die ongeluk beseer nie en die presies oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.