N3-ongeluk: Twee dood, verkeer erg opgehoop

Foto Twitter via @TrafficSA.

Twee mense is dood en nog twee ernstig beseer toe ʼn luikrugvoertuig en ʼn vragmotor vroegoggend op die N3 in ʼn ongeluk betrokke was.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het aan Maroela Media bevestig die ongeluk het by die Van Buuren-afrit op die N3 aan die Oos-Rand plaasgevind.

Drie bane se verkeer word deur die ongeluk vertraag en verkeer is in albei rigtings ver opgehoop. Talle Twittergebruikers het foto’s van die toneel gedeel en gesê hulle sal beslis nou laat wees vir werk.

Volgens Ntladi is die bestuurder en voorste passasier van die luikrugvoertuig op slag dood en moes paramedici meganiese toerusting gebruik om die liggame uit die wrak te verwyder.

Foto: Twitter via @itrafficgp

“Een ander passasier is per mediese helikopter na die Sunshine-hospitaal in Benoni vervoer en die ander per ambulans na ʼn hospitaal in Vosloorus.

“Die twee insittendes van die vragmotor het met geringe beserings van die ongeluk afgekom,” het Ntladi gesê.

Nooddienste is nog op die toneel en wag vir forensiese patologiese dienste om by die toneel op te daag.

Volgens hom sal die pad binne ongeveer ʼn halfuur weer oopgestel word vir verkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

JP ·

Raait, So 7 mense dood binne 18 uur waar vragmotors betrokke was. Wanner gaan die slim mense in die hoe poste met geen kwalifikasies wakker skrik en besef dat vragmotors tussen 6 en 8 en 16:00 en 18:00 nie op snelwee mag wees nie.

Rupert Ashford ·

@JP, as daar nog ‘n ordentlike spoor-infrastruktuur was dat vrag per spoor vervoer kon word, kon mens daardie argument ondersteun het, maar feite is die hele SA vervoer-ekonomie hardloop op die rug van vragmotors. As hulle van die pad afgehaal word, kom SA tot stilstand. En wie moet ons bedank?

Lukas van Zyl ·

Jp, wanneer jy gaan besef dat dit waaroor jy kla verantwoordelik is om onder andere dit wat jy môre vir werk moet aantrek en vir aandete wil hê te vervoer en op die regte tyd op die regte plek te hê. En alhoewel vragmotors betrokke was, beteken dit nie hulle was die oorsaak nie ??

Realis ·

Vragmotorbestuurders deesdae TOTAAL onbekwaam. Ek neem meeste vragmotormaatskappye kwalik, hulle neem mense in diens met geen of fake lisensies, stel vir hulle onrealistiese afleweringstye en hierdeur stel hulle ander padgebruikers in gevaar. Ry elke dag N1 tussen Centurion en Fourways, JHB, en sien ELKE liewe dag hoe van hierdie vragmotors jaag teen 120 km/h plus, voor motors inswaai en ry asof hulle sedan voertuie is. Jammer die spoorwee loop nie meer nie, want hierdie trokke is amper erger as taxis…….

J ·

So sad. RIV. Ongelukkig kry die vragmotors altyd die skuld meeste van die tyd is hulle onskuldig. Die gewone motor bestuurders is vir die meeste ongelukke self verantwoordelik omdat hulle sekf nie distansie kan skat wanneer hy/sy agterdie stuurwil sit nie.

GM ·

Vragmotorbestuurders ry wild oor die algemeen, maar moet ook nie die gewone motoriste onderskat nie. Ek kry koue rillings as ek sien hoe motoriste vragmotors verbysteek, voor hul inswaai, en dan briek aanslaan, (net omdat hulle nie agter die trok wou ry nie, maar so entjie vorentoe is ‘n robot). Die stopafstand van ‘n vragmotor word nie in ag geneem nie. En dan is die paaie soms nog nat ook.

Petro ·

Ek stem volkome saam met Realis, ek ry baie die R21 OR Tambo pad daar is van die onverskiligste Trok bestuurders soms sommer langs mekaar in die middelbane geen respek vir die karre om hulle nie. Daar was al baie ongelukke en die trokke se skuld. J moenie oordeel as niemand nog weet wie was die skuldige nie. Baie sterkte aan die familie van die betrokke by die ongeluk.

Mia ·

Dis baie hartseer…… wat meer hartseer is, is dat motorvoertuie oor die spoedgrens gaan en dan voor ‘n vragmotor indruk om nie agter hom te ry nie. Die rem afstand in noodgeval beperk dat die vragmotor om betyds te stop as die voertuig voor hom skielik moet rem. Dis nie altyd die vrag motor bestuurder se skuld nie maar soms die arrogante publiek wat nie agter die vrag motor wil ry nie. Gebede gaan uit na die families wat hulle mense verloor het in die tragedie :(

bgj van der westhuizen ·

alles kan voor kom word deur die verkeersbeamtes net hulle werk begin doen en gesien word en kyk dan mense die wet na kom maar soos die hele land is daar geen wet en order nie

Lone rider ·

Weet julle om te beskuldig sonder feite is onregverdig. Arme trokke sal alttd agv een of twee drywers deurloop. Dis n edele beroep wat ons ook met waardigheid en trots uitvoer. Wens ons mense wil meer medeleie hê met ander as om net klippe te gooi. Vrede vir elke motoris en nag God met jul wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.