N3-ongelukke: Pad weer oopgestel

Foto: Twitter via @trafficSA.

Die N3 naby Van Reenenspas tussen Harrismith en Ladysmith in KwaZulu-Natal wat vanoggend onbepaald gesluit was as gevolg van twee verskillende ongelukke, is nou weer in beide rigtings oopgestel vir verkeer.

Anita Heyl, woordvoerder van die N3-tolkonsessie, het motoriste gewaarsku dat daar steeds vertragings verwag kan word soos die reuseverkeersopeenhoping nou begin beweeg en ontknoop.

“Dít kan vertragings veroorsaak tussen Harrismith in die Vrystaat en Ladysmith in KwaZulu-Natal,” het Heyl gesê.

Maroela Media het vroeër berig  Robert McKenzie, provinsiale woordvoerder van KwaZulu-Natal se nooddienste, het aan Maroela Media gesê die twee ongelukstonele was sowat 2 km uitmekaar geleë. “By die eerste toneel, waar twee vragmotors in ʼn botsing betrokke was, is een persoon dood. By die tweede toneel was daar agt voertuie betrokke en is daar twee mense dood – ʼn vrou en ʼn ses maande oue baba,” het McKenzie gesê.

Zinhle Mngomezulu, provinsiale verkeerswoordvoerder van KwaZulu-Natal, het aan Maroela Media gesê by die agt-voertuig-botsing was daar vier vragmotors, drie minibusse en een sportnutsvoertuig betrokke.

ʼn Vier kilometer lange dieselstorting op dié pad moes ook eers deur owerhede skoongemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ekke ·

Trokke, trokke en nogmaals trokke sover as wat die oog kan sien!!

Andre Traut ·

Ag asseblief Ekke, met so n skuilnaam is dit duidelik wie of wat jou eerste prioriteit is. As dit nie vir trokke was nie het jy nue n kar gehad nie het jy nie brandstof vir daai kar gehad nie het jy nie n winkel gehad waar jy jou inkopies kon doen nie. Hoe dink jy kom goed op plekke???? Dink vir n slag verder as wat jou neus lank is man!!!!

Ysbeer ·

Was dit nie vir die trokke nie het ons ekonomie doodstil gestaan en niemand het gewerk nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.