N3-skietery: Polisieman steeds in hospitaal

Die toneel op die N3 in Modderfontein, Gauteng Foto: @itrafficgp, Twitter

Die toneel op die N3 in Modderfontein, Gauteng Foto: @itrafficgp, Twitter

ʼn Polisiebeampte sterk steeds in die hospitaal aan nadat hy Sondag geskiet en gewond is en twee van sy kollegas doodgeskiet is op die N3 naby Modderfontein, Johannesburg.

Die polisiebeamptes wou ʼn verdagte voertuig aftrek toe die insittendes op hulle losgebrand het. Een van die polisiebeamptes is op die toneel dood en die ander twee is in ʼn kritieke toestand na ‘n hospitaal gehaas waar een van die beamptes later aan sy wonde beswyk het.

Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die derde beampte leef en steeds in die hospitaal is. Dit nadat daar op sosiale media berig is dat hy oorlede is. Kweza het bygevoeg dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die skietery nie, en dat ʼn ondersoek aan die gang is.

Die rede vir die skietery is nog nie bekend nie. Die verdagtes het in ʼn gekaapte Mercedes Benz gevlug wat later, nie ver van die toneel af nie, gevind is.

Supt. Edna Mamonyane, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die N3 tussen Linksfield en Vincent Tshabalala is afgesper aangesien dit nou ʼn misdaadtoneel is. Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vic ·

En siende dat niemand weet waar “vincent tshabalala” is nie, kan niemand weet watter alternatiewe roetes om te gebruik nie…….

KAG ·

SA is ‘n totale kriminele staat. Van die top regeringsamptenare ondertoe. Ons het die “oase” van kriminele netwerke geword met die Chinese Triads, Russiese mafia, Nigeriers etc. wat op ons voorstoepe besigheid doen. Dwelms, prostitusie, renosterhoring, perlemoen, karsmokkel, mensehandel – you name it, en dit gebeur in SA. Dankie ANC, sien uit na die volgende 20 jaar………….

CHRISTA ·

Zuma moet net onthou as sy kinders hulle neste begin verlaat om onafhanklik te leef, gaan hy nie genoeg lyfwagte kan aanstel om hulle op te pas nie. Hy moet net hoop dat hulle of hulle kinders nie ook deel van die ‘mensehandel-statistieke’ word nie.

Henry ·

Volgens die foto hierbo is daar meer as 20 polisie voertuie en ambulanse by hierdie voorval. Waarskynlik is daar nog ‘n tros ander wat nie op die foto verskyn nie.
Waarom al die jaende waens wat soos brommers om ‘n jy-weet-wat loop saamkoek?
Geleentheid vir onbekwame siele om met loeiende sirenes die lewens van onskuldiges te bedreig?
Is daar nie meer as genoeg misdaad, beseerdes en dooies dwarsoor hierdie droewe land wat aandag verdien nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.