N3-skietery: Tweede polisiebeampte sterf

Die toneel op die N3 in Modderfontein, Gauteng Foto: @itrafficgp, Twitter

Die toneel op die N3 in Modderfontein, Gauteng Foto: @itrafficgp, Twitter

ʼn Tweede polisiebeampte wat Sondag tydens ʼn skietery met misdadigers op die N3 naby Modderfontein in Gauteng gewond is, is dood, berig EWN.

Die polisiebeamptes wou ʼn verdagte voertuig aftrek, toe die insittendes op hulle losgebrand het. Een beampte is op die toneel dood en twee is kritiek beseer. Een van die verdagtes is ook beseer.

Die snelweg was ure lank gesluit vir die noodhelikopter wat moes land en om die ondersoekbeamptes kans te bied om die toneel te ondersoek. Verkeer in die omgewing was kilometers ver ontwrig.

Superintendent Edna Mamonyane, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die motief vir die skietery is nog onbekend. Die verdagtes het in ʼn Mercedes Benz gevlug wat nie ver van die toneel af nie, verlate aangetref is. “Hulle het nog ʼn voertuig gekaap,” het sy gesê.

Lees alle vorige berigte oor Modderfontein op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Nog moorde op polisiemanne wat hul werk wou doen, maar deur die ANC wat hul in ‘n oorlogsone laat werk, vermoor word. Slegste party tot op datum….ANC

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.