N3 Sondag tot twee ure lank gesluit

’n Gedeelte van die N3 sal Sondag gesluit wees. Foto: Twitter via @traffickzn.

Die N3-tolpad tussen Johannesburg en Durban sal Sondag van 08:00 tot 10:00 met tye tussen Leeurivier en Tweedie in KwaZulu-Natal gesluit wees.

Sanral sê die sluiting is nodig om oorhoofse kragkabels te vervang. Tegnici van Eskom is van plan om nuwe oorhoofse elektrisiteitskabels by die Petronet-substasie naby Tweedie en by die Midmar-pompstasie aan te bring.

Verkeer sal op die N3-noordwaartse Tweedie-afrit in Johannesburg se rigting herlei word en op die N3-suidwaartse Nottinghamweg-afrit in Durban se rigting.

Die padagentskap sê padverkeerinspekteurs van die Mooirivier-, Msunduzi- en uMgeni-munisipaliteit sal op bystand wees om hulp te verleen.

Na gelang van die weer sal die sluiting se tye moontlik aangepas moet word, sê Sanral. Indien nodig kan ʼn tweede kennisgewing met inligting oor nuwe tye uitgereik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.