N3 weer oop ná noodlottige kettingsbotsing  

(Foto: Twitter)

Minstens vyf mense is dood en talle beseer in Maandagmiddag se kettingbotsing op die N3 in KwaZulu-Natal.

Die N3 tussen Hilton en Cedara was ure lank gesluit en is eers kort voor middernag weer oopgestel.

Volgens die provinsiale departement van vervoer was minstens vyf vragmotors, agt minibustaxi’s en 22 motors in die botsing betrokke.

Mistige en reënerige toestande het moontlik tot die botsing bygedra, maar die spesifieke oorsaak word ondersoek.

Talle mense is in die botsing beseer en na nabygeleë hospitale geneem vir behandeling. Die uMngeni-munisipaliteit het die stadsaal in Hilton Maandagaand beskikbaar gestel vir motoriste wat ’n oornagplek benodig het.

Sipho Hlomuka, LUR vir vervoer in KwaZulu-Natal, is vol lof vir die onderskeie nooddienste wat betrokke was. “Ons wil ons innige meegevoel betuig met al die families wat geraak word en wens ’n spoedige herstel toe aan almal wat beserings opgedoen het.

“Ons wil al die noodreaksiespanne loof vir die werk wat hulle gedoen het. Ons is geweldig teleurgesteld oor al die noodlottige ongelukke wat tydens die Paasnaweek aangeteken is.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

melaney ·

In sulke gure weer is dit maar beter om versigtig te ry (stadiger) en nie te jaag nie.

Miskruier ·

Tydens die begin en einde van lang naweke behoort vragmotors verbied word om daardie dag te ry.

Chris ·

Daar is baie redes en oorsake wat tot sulke ongelukke bydra. Die voertuig bestuur nie vanself nie. Die persoon met die stuurwiel in die hand is 99% aanspreeklik vir ‘n ongeluk. Jy ry te vinnig, te na aan die voertuig voor jou, en jy is nie bevoeg om ‘n viertuig te bestuur nie. Wetstoepassing bestaan in elk geval nie. Geen respek vir die mede padgebruiker en padreëls nie.

melaney ·

Voertuie is nie goedkoop nie. Maar nogsteeds sal padgebruikers hulle ware maniere openbaar terwyl hulle die paaie gebruik. Selfs lewensverlies skrik hulle nie af nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.