N3 weer oop ná ongeluk waarin drie sterf

'n Foto van die toneel. Foto: Verskaf aan Maroela Media

‘n Foto van die toneel. Foto: Verskaf aan Maroela Media

Die N3-snelweg, buite Harrismith in die Vrystaat, is omstreeks 13:40 weer vir verkeer oopgestel, nadat ʼn ongeluk vyf ure tevore die lewens van drie mense, waaronder twee kinders, geëis het.

Die N3-tolkonsessie het gesê die snelweg, in die rigting van Durban waar die botsing plaasgevind het, is 13:43 weer oopgemaak. Motoriste is aangeraai om versigtig te wees, aangesien daar steeds ʼn verkeersknoop in die omgewing is.

Intussen het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, bevestig drie mense, ʼn volwassene en twee kinders, is in die ongeluk dood. Aldrie was insittendes in die motor.

“Die vragmotor se bestuurder kon daarin slaag om uit die vragmotor te spring voordat die hele kajuit aan die brand geslaan het,” het sy gesê.

ʼn Ooggetuie het aan JacarandaFM News gesê die vragmotor, wat in die rigting van Johannesburg gery het, het naby Montrose aan die brand geslaan terwyl dit beweeg het. Die vragmotor het in aankomende verkeer inbeweeg en trompop teen die motor gebots, waarna albei voertuie in ligte laaie was.

Maroela Media het vroeër berig ʼn gedeelte van die snelweg was heeltemal vir verkeer gesluit in albei rigtings. Verkeer is deur die dorpie Swinburne herlei. Klik hier vir foto’s van die ongeluk.

Die Vrystaatse polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Oom Kalahari ·

Wat ‘n donker tydperk van Kersgety vir sovele gesinne wat in die afgelope weke families moes afstaan. ‘n Tydperk van liefde, vreugde en saamwees het in nagmerries, trane en rou verander. Aan hierdie families wens ons alle medelye en simpatie en mag God’s seëninge jul laat hande neem en deur hierdie tyd van rou neem. Vandag het ons ook die hartseer met ons 14jarige kleinkind (Seun) wat ons ter ruste moes lê en dit vat aan ‘n mens om die jong kinders so te moet afstaan, maar ons almal se hoop is by God ons Verlosser.

Lizette ·

Ek is so jammer oor u verlies. Baie baie sterkte. U geloof sal u dra ❤

Lizette ·

Ek is so jammer oor u verlies. Baie baie sterkte. U geloof sal u dra in hierdie ontsettend moeilike tyd.

Corrie ·

Ek isal daar verby vanoggend, op pad terug na Gauteng! Hoekom voor aankomende verkeer in beweeg as hy net links kon gehou het! En die remmerke wat meters lank is!Reg in die aankomende baan in ! Niemand sal weet wat in die bestuurder se kop aan gegaan het op daardie oomblik nie! Sterkte aan die familie wat dierbares verloor het!Groot verlies en hartseer!!

Asjas ·

Onbekwaam?
Tekort aan ondervinding?
Oorwerk?
Iemand gaan die wet van Transvaal beter leer ken!

sharon ·

Ekt ‘n groot knop in my keel… Ek raak noul senuagtig as ek dink ons kinders kom die 3e terug. … Mens wil elke motorris in watte toedraai… Sterkte aan die familie betrokke

Piet ·

As ek reg gelees het dan het die trok drywer uit die alreeds brandende trok uitgespring maw die trok is sonder bestuurder gelos en die onskuldige motoriste in aankomende baan is getref MOORD

popeye ·

Ek het twee en ‘n halwe uur vanaf Harrismith tot by Swinburne (Montrose) gekruie vandag. Die trok se perd was heeltemal uigebrand en die motor was kwalik herkenbaar as ‘n motor. Dit wat ek wel van die res van die trok kon sien was dat dit baie oud was….onderhoud, padwaardig…? Ek hoop regtigwaar dat die oorledenes nie doodgebrand het nie maar genadiglik agv die impak. U weet ek het eintlik nie woorde om my gedagtes en beelde in my kop te omskryf nie aangesien twee van die slagoffers wel kinders was. Tragies! Tragies! Medelye aan die mense wat geliefdes verloor het. My gesin is veilig in Manaba vanaand. Ek is innig dankbaar….

Gedagtes ·

My hart breek vir n familie wat uitgesien het na saam wees vir Kerstyd & nou treur oor leë plekke. Mag mooi herinneringe van vorige Kerstye n ligpunt wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.