N3 weer oop

Foto ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

Die N3-snelweg tussen Cedara in KwaZulu-Natal en Heidelberg in Gauteng is Vrydagoggend deur owerhede oopgestel nadat dié pad die afgelope week gebuk gegaan het onder gewelddadige optogte.

Betogers het verlede naweek verskeie paaie in KwaZulu-Natal met brandende voorwerpe versper en vragmotors aan die brand gesteek. Sedertdien is die N3-snelweg vir alle motoriste gesluit.

Dié snelweg word veral gebruik om goedere van die Durbanse hawe na die res van die land te vervoer. Die Suid-Afrikaanse Petroleumraffinaderye (Sapref) het selfs Dinsdag sy bedrywighede opgeskort omdat die vervoer van goedere na en van KwaZulu-Natal deur onluste bemoeilik is.

Die organisasie Sakeliga het vroeg Vrydagoggend gesê dat hy beplan om Sondag voorraad met ʼn konvooi na gebiede in KwaZulu-Natal te vervoer indien dié snelweg nie dan al heropen het nie. Inwoners van die provinsie het veral mediese voorraad en babavoedsel soos formulemelk nodig.

Hoewel dié snelweg weer oop is, het owerhede gesê dat motoriste die snelweg op hul eie risiko moet gebruik.

“Dit is belangrik om uiters versigtig en te alle tye waaksaam te wees indien jy op dié pad gaan rondbeweeg.”

Padgebruikers word gewaarsku om moontlike opeenhopings en vertragings op die N3-snelweg te verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Skuilnaam ·

Dis regtig jammer dat ons nie meer ‘n Spoorweë het nie…

Jaco ·

Weet die ANC dat SA erger gaan lyk as nou se nonsens wanneer hulle klaar is met onteiening sonder vergoeding en radikale ekonomiese transformasie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.