N4-botsing eis ses

Argieffoto.

Argieffoto.

Ses mense, onder wie  ʼn kind, is dood nadat twee voertuie Saterdag reg van voor op die N4 naby Belfast in Mpumalanga gebots het.

“Die botsing het omstreeks 18:00 tussen Wonderfontein en Alzu plaasgevind. ʼn Bakkie en ʼn motor het trompop gebots,” het Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), gesê.

Albei voertuie het drie insittendes elk gehad. Al ses mense is op die toneel dood verklaar.

“Die RTMC en polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.”

Zwane het ʼn beroep op motoriste gedoen om veral oor naweke verantwoordelik te bestuur en die verkeersreëls na te kom. Hy het gesê statistieke dui aan dat botsings oor naweke toeneem, veral aan die einde van die maand wanneer mense salaris kry. “Spoed, alkoholmisbruik en verbysteek op sperstrepe let tot die meeste noodlottige ongelukke op die land se paaie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

DPJ ·

Alweer ‘n kop en kop bodsing vir Januarie 2016.
Hooplik die laaste een vir die aand.
Ek hoop maroelame kan ons die statistiek van Jan se kop en kop deurgee.
‘n Kop en kop botsing het altyd tragiese gevolge.

Jaco ·

Spoed word oordryf as oorsaak vir ongelukke. Spoed is relatief tot die omstandighede. Matigheid voor oë is belangriker.

Ana ·

Jys reg Jaco, soos mense wat op sperstrepe verby steek…of kanse waag

M A ·

Kop aan kop beteken iemand was aan verkeerde kant van die pad. Wat spoed aanbetref, kan ek nie sien hoe dit bydra tot ‘n ongeluk mits die spoedvraat in sy/ haar (laat ek nou nie diskrimineer nie) baan bly nie. Maar hierdie mense wat dink hulle is bo die wet verhewe steek ook verby op plekke waar hulle nie mag nie. Die verkeerspolisie is te lui om paaie te patrolleer vir hierdie p@@ph@@lle wat aanhou jaag en verbysteek sodra hulle verby die spoedlokval is. Dít is die oorsaak van ongelukke – mense wat dink hulle sal nooit aangevat word nie en padreëls is vir ander arme onnosel drommels.

CHRISTA ·

Hier in Ekurhuleni ry motoriste en taxis OOR ‘n rooi lig VOOR die metropolisie en hulle knip nie eers ‘n oog nie!!!

lizette ·

Self Saterdag die pad gery toe 3 BMW x5 blou lig brigade soos groot moegoes op soliede witlyn by ons verby gesteek het op n draai.

Natalie ·

Ek dink oorsaak nommer 1 is die veronagsaaming van verkeers reels. 2de misbruik van middles of bestuur onder die invloed van middles en 3rde spoed. Nie almal kan bestuur nie, ons dink net ons kan. Maar kan jy regtig jou voertuig beheer as jou wiel op n draai bars en jy doen 100km per uur? As n mens so daaraan dink gaan daar n klom van ons twee keer dink voor ons die spoed beperkings oorskry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.