N4 by Mbombela versper weens onluste

Die N4 rondom Mbombela was Woensdagoggend vir verkeer gesluit (Foto: Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa, Facebok)

Die N4-snelweg by Mbombela, Mpumalanga, is sedert Woensdagoggend vir verkeer gesluit weens onluste in die gebied.

’n Groep ontevrede inwoners het sedert Woensdag vroegoggend die strate ingevaar om te betoog oor brandstofprysstygings.

Volgens Solange Nicholson, woordvoerder van die N4-tolkonsessie, was die snelweg by die Karino-kruising, Montrose-pas, Waterval Boven-tonnel en Machado-tolhek Woensdagoggend vir verkeer gesluit.

Inwoners kon weens dié padversperrings nie op die N4-snelweg in of uit Mbombela beweeg nie. Daar is ook ’n waarskuwing aan inwoners uitgereik om die middedorp weens die onluste te vermy.

Intussen is die pad by die Montrose-pas en Machado-tolhek vir verkeer heropen terwyl die Karino-kruising en Waterval Boven-tonnel steeds gesluit is.

Die betogers het teen Woensdagmiddag oënskynlik in die rigting van eMalahleni begin beweeg.

Volgens Nicholson het die konsessie net voor 15:00 inligting ontvang dat die betogers steenkool op die pad by eMalahleni gooi.

“Dit kan verdere verkeersprobleme veroorsaak,” sê sy.

Nicholson raai padverbruikers aan om die N4 te vermy.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het nie op Maroela Media se navraag reageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Di ·

Hierdie spul betoog op die verkeerde plek!!!!!!!! Gaan betoog voor Ramaphosa en ander ANC kaders se huise want hulle steur hul min hieraan

My siening ·

Gaan gooi dit by Cyrel En Matashe se huise, nou gooi julle die mense wat ook lui onder verhoogde pryse met steenkool op pad en die kaders lag. Hoe dom kan die betoogers wees, nes hul leier Cyrel!

Kokerboom ·

My bloed kook as ek die artikels en betogings deur gepeupel lees VERAL op snelweë,van alle plekke, sonder inagneming van res van bevolking se regte!!! Waar is ellendige SAP? Hoekom laat hul die twak toe????Ons is sooo keelvol vir die vermetele twak!!!

KatjieDeKat ·

Ek weet dis ongerieflik maar ten minste Doen hulle iets. Niks sal verander in hierdie land nie, tensy elke liewe sielsalige burger, swart, wit, kleurling, indier – soos EEN MAN opstaan en saamstaan en se Genoeg is nou regtig Genoeg. Dit sal almal van ons verg om dit te doen, iedere en elke laaste persoon.

My siening ·

Dan moet hulle die kaders teiken nie gewone mense nie. Cyrel vlieg oor die steenkool en lag die gahos afa

Di ·

CELE skitter in sy afwesigheid want hy is besig om hom op te hou met alles behalwe polisie aktiwiteite

Johann ·

Om te dink iemand dink dis OK om ander mense te ontneem van die reg tot.toegang in areas want….HULLE KAN EN KOM DAARMEE WEG? ANC ANARGIE STAAT!

Waarom ·

En die armsalige polisie monitor net. Gaan betoog by julle ANC regerings kantore ipv arme pad gebruikers te blok wat ook ontsteld is oor die hoër petrolpryse.

Clssf* ·

Ek hou van hoe motoriste altyd gewaarsku word deur wetstoepassing dat die paaie vermy moet word agv betogings. Wat van hulle gaan verwyder die betogers dat die ekonomie nie verder versteur word nie???

Chris dupreez ·

Hier sit iets anders agter hierdie betogings wat nou oral opvlam. Waar is ons intelligensie dienste en hulle minister

miche ·

Die betogers gooi nou steenkool op die pad want petrol het seker te duur geword?

Delia ·

Nou moet ek iets sé. Ons kla almal oor die brandstofprys.
Maar baie van ons is nie bereid om iets te doen nie.
Ons is dikwels keyboard warriors.
Ek stem nie saam met beskadiging van infrastruktuur nie en mense se lewens in gevaar stel nie.
Immers DOEN hulle iets om te protesteer.
Wel, van die eskom werkers het gesaboteer en nogtans kry hulle loonverhogings.
Dalk kom petrolpryse af.

Anonymouse ·

Haha! As die Nerderlanders dit doen dan is dit fantasties, en wens ons het ook so saamgestaan. Maar as mense se vel ‘n bietjie te donker is, dan is die hemel besig om te val. Ek voel almal het die reg om te betoog solank hulle nie eiendom skade aan doen, en mense beseer, intimideer of gevange hou nie.

Cherokee ·

Betogers het teen Woensdagmiddag ook steenkool op die pad by eMalahleni gegooi uit woede oor brandstofpryse. Weet enigeen of dit gehelp het?

Harley Davidson ·

Moet nie die paaie toemaak nie gaan maak die unie gebou in pretoria toe.

Swerwer ·

Die betogings gaan beslis nie help nie, hul moet liewer poog om die kommunistiese regering te vervang met mense wat reg en geregtigheid kan laat geskied, slegs dan kan daar iets positiefs plaasvind.

Maritza ·

Hulle mors hulle tyd. NIKS wat enige iemand gaan doen sal die regering stop nie

Spotty ·

Hoekom se hulle nie Witbank nie dan weet almal waar dit is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.