N4-ongeluk eis ook lewe van twee kinders

(Argieffoto)

Twee kinders is onder die vier slagoffers wat in nóg ʼn ongeluk in Mpumalanga omgekom het.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsie se departement van gemeenskapsveiligheid, sê ʼn man, vrou en twee kinders was saam in ʼn Ford Figo. Al vier het op die toneel gesterf en hidrouliese toerusting moes ingespan word om hul liggame uit die motorwrak te haal.

Die voertuig het reg van voor op die N4-tolpad naby Machadodorp teen ʼn swaar vragmotor vasgery. Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie.

“Die oorsaak van die ongeluk is nie in dié stadium bekend nie, maar die polisie stel ondersoek in,” sê Mmusi.

Maroela Media het vroeër berig nog vier mense het verkool toe hulle ook reg van voor teen ʼn aankomende voertuig op die pad tussen Leandra en Standerton gebots het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.