Ná 20 jaar sterf hond, eienaar saam

Die ongelukstoneel in Durban. (Foto: Rescue Care)

ʼn Bejaarde man, vermoedelik in sy 70’s, wie se naam nog nie bekend is nie, is Dinsdag saam met sy hond dood in ʼn botsing buite Durban.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, sê die ongeluk het op die M13 plaasgevind net voor die St. Johns-afrit in Pinetown. Die man se silwer Quantum-bussie wat die enigste voertuig op die ongelukstoneel was, het teen ʼn brug op die snelweg tot stilstand gekom. ʼn Mediese toestand het vermoedelik tot die ongeluk gelei.

Jamieson vertel dat die man se hond nog geleef het op die toneel waar hy deur Ceron Meadows, ʼn Lenmed-paramedikus, gestabiliseer is, maar as gevolg van die beserings wat hy in die ongeluk opgedoen het, is hy by sy aankoms by die Kloof & Highway-dierebeskermingsvereniging in Kloof dood verklaar.

Volgens ooggetuies op die toneel was die hond en sy baas al 20 jaar in mekaar se geselskap.

Die polisie is tans besig om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Daniel ·

Dis tragies, darem is nie een van die 2 alleen agtergelaat

Groot oge ·

Ek weet nie so mooi of die hond 20 jaar oud was nie….bitter baie min honde in die wêreld wat so oud word.

Heksie ·

My skoonma het n Foxterrier gehad wat 21 jaar oud geword het…. Ek self het n dierbare basterbrakkie wat September al 14 jaar oud was en sys nog springlewendig!!

Jack ·

Wel, ek het in Reader’s Digest gelees waar ‘n veearts gesê het honde is eintlik veronderstel om 30 jaar oud te word maar ons maak hulle dood met dit wat deurgaan as ‘hondekos’ en met inentings.

Sê net ·

Net omdat jy so sê, maak dit nie so nie. Ek het al van baie honde gehoor wat ouer as 20 jaar oud geword het.

EB ·

My foxie het 18 jaar oud geword en was nog op en wakker tot net voor sy dood. Die veearts het nog saam gehuil toe ek moes groet, gesê dit laat haar dink aan haar ma se hondie wat toe ook dood is en ‘n rype 21 geword het.

Zettie ·

Ek het al baie gehoor van woefters wat 20 jaar en ouer word. Selfs katte word deesdae ouer.

Christa ·

So jammer oor die Groot verlies. Gelukkig is hondekind ook oorlede. Dit sou Baie verwarring en aanpassing gewees het sonder Sy baas. Rip

Estè ·

Groot oge my Hondtjie Tieka is op 20 jaar oud dood van ouderdom. so glo dit.

Mila ·

Ek het ook onlangs gehoor van n hond wat 23 jaar oud is. Sjym. Sy was2008 gebore. Dink sy kan beter as haar mens familie tel.

Julie Jansen van Rensburg ·

Ek kan net my innige simpatie uitspreek vir die verlies van ‘n diereliefhebber en sy hond. Ek het selfeen van y geliefde “brakenjanne” op die vakansiedag in September verloor – in menslike terme sou Lacey om en by 90 jaar oud gewees het – nee, dishartseer…

Adel ·

Ag siestog, rus in vrede julle 2tjies, as mens soveel jare saam is, is dit eintlik beter dat honde kind ook saam Hemel toe is.

Sterkte aan die geliefdes

Lee ·

RIV oom en hondekind glo nie een van julle sal sonder die ander een wil gewees het nie

Tina du Toit ·

Stem saam met Adel en Lee. Daai woefkind sou hom in elkgeval dood getreur het. R.I.V julle twee.

PetroD ·

Ai, dis so jammer. Maar die troos is dat die oom en sy geliefde maat saam oor die reenboog brug is. RIV oom. Nou kan jy en jou maat vir ewig en altyd saam kamp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.