Naakfoto’s van 6-jarige glo op man se foon gevind

Argieffoto

Argieffoto

Drie Suid-Afrikaners is in hegtenis geneem in verband met kinderpornografie tydens ʼn gesamentlike operasie tussen die SAPD en die Amerikaanse departement van binnelandse veiligheid.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie verdagtes is Dinsdag in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.

“Die drie verdagtes, tussen 29 en 47 jaar oud, is onderskeidelik in die Bluff, Pinetown en Waterfall in hegtenis geneem. Pornografiese materiaal en onwettige ammunisie is in hul besit gevind.”

Volgens Mohlala het die ondersoek aan die lig gebring dat die verdagtes glo betrokke was by die aflaai, deel en verspreiding van kinderpornografie. “Een van die slagoffers is ʼn sesjarige kind, van wie foto’s gevind is op die verdagte, wat in Bluff in hegtenis geneem is, se foon.” Die meisie woon glo ook in die Bluff.

Mohlala het gesê die sukses van die operasie kan toegeskryf word aan die samewerking tussen die SAPD en die Amerikaanse departement van binnelandse veiligheid. “Die polisie se ondersoek duur voort en sal bepaal of nog verdagtes by die gruwelike misdaad betrokke was.”

Die verdagtes sal Donderdag in die Durban-streekhof verskyn op aanklagte van die besit en verspreiding van kinderpornografie, seksuele aanranding en die besit van onwettige ammunisie. “Hulle word onderskeidelik by die Brighton Beach-, Hillcrest- en Pinetown-polisiestasies aangehou.”
.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vygie ·

Watse straf gee mens werklik vir so n persoon….?? Mens kan bespiegel en wrede goed uitdink.. hoeveel lewens is opgemors en gaan nog opgemors word deur sulke mense voordat n goeie voorbeeld van hulle gemaak word… hulle verneder word voor die wêreld en almal wat dit doen weet wat wag op hulle…

Mel ·

Dis flippen verby siek, daar is ni ‘n straf vir so daad ni, ek dink daardie kind/ers se hele mens wees is daarmee heen

Jean ·

Sies man, los die kinders uit. Ek is baie bly vir hierdie inhegtenisnames, ongelukkig is daar nog duisende sulke siek siele wat kinders misbruik en satisfaksie uit kinder en babapornografie kry. Daar is nie woorde vir hierdie siek toestand nie. Hierdie mense is ook nie rehabiliteerbaar nie, ek het al baie dokumentere programme gesien, hulle erken self as hulle weer die kans kry doen hulle dit weer. OOR DIE WERELD HEEN WORD ONS KINDERS NIE GENOEGSAAM BESKERM NIE!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.