Naakfoto’s van tweeling: Pa se hofsaak uitgestel

Landdroshof in Port Elizabeth (Foto: ANA)

ʼn 44-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy pornografie van sy agtjarige tweeling versprei het, het Vrydag vlugtig in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.

Die man is van Lorraine in Port Elizabeth en sy naam kan nie bekend gemaak word nie, om die identiteit van die dogters te beskerm.

Die pa staan tereg op drie aanklagte wat verband hou met die vervaardiging, verspreiding en besit van kinderpornografie – ʼn skedule 5-oortreding.

Hy is in November 2016 in hegtenis geneem deur die SAPD se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe. Hy het vroeër aangedui dat hy van voornemens is om skuld te beken op al die aanklagte.

Die saak is Vrydag uitgestel sodat dit na ʼn streekhof oorgeplaas kan word. Nie sy prokureur of die staatsaanklaer was beskikbaar om Vrydag die hofverrigtinge by te woon nie.

Volgens die klagstaat het die man sy agtjarige tweeling seksueel uitgebuit, foto’s geneem en die naakfoto’s aanlyn versprei. Die man was glo ook in besit van kinder- en babapornografie op sy skootrekenaar. Hy het geen vorige skuldigbevindings nie. Hy is vrygelaat op borgtog van R10 000.

Die man moet op 9 Oktober weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Susan ·

Watse siek mens doen dit aan onskuldige kinders en babas? Hulle hele toekoms daarmee heen dan nog di vermetelheid om onskuldig te pleit 2016 vir seksuele misdrywe! En nou weer word hy gearessteer. Hy moet tronk toe sonder n sleutel vir di deur. Dis uiters skokkend en waglik

Hanna ·

Nee die man beken skuld. Met ander woorde, hy pleit skuldig.

Andrea van Vuren ·

Wens die doodstraf kom terug, dan sal sulke gruwels ook minder word.

bren ·

siek siek gemors! My bloed kook as ek hierdie tipe ding lees; hoe verwronge moet n mens wees om so iets te kan doen? sluit toe gooi weg die sleutel.

TLC ·

Neeeeeeee neeeeeeee neeee waar in JOU lewe wil jy so siek gemors wees Die man is uiters gevaarlik vir die samelewing WAAR IS DIE MA ek bespiegel net wees 1 van daai wat anderpad gekyk het O nee o nee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.