Die bejaarde man van Seafield, naby Port Alfred in die Oos-Kaap, wat Maandagaand ten aanskoue van sy vrou doodgeskiet is, is deur die polisie as Pieter de Coning (79) geïdentifiseer.
Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het die oorledene se naam aan Maroela Media bevestig. Teen Woensdagoggend was steeds niemand in verband met die moord op De Coning in hegtenis geneem nie.
Maroela Media het vroeër berig De Coning en sy vrou het Maandagaand geslaap toe die vrou omstreeks 23:30 iemand buite by die venster opgemerk het.
Sy het haar man wakker gemaak en terwyl hy probeer het om uit die bed te kom, het die verdagte sy lyf deur die oop venster gedruk en De Coning geskiet. Die skieter het daarna op die vlug geslaan.
De Coning het op die toneel gesterf. Volgens Govender is sy vrou erg getraumatiseer deur die voorval.
Govender sê die polisie volg elke moontlike leidraad op om die skuldige vas te trek.
Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, word versoek om ao. Yeza Tyala by 082 442 3814 of 046 675 1113 te skakel. Inligting kan ook by Stop Misdaad op 08600 10111 aangemeld word.
wonder ek ook hulle se nie dat iets weg is nie????????????
Sinvolle vrae lolly & kie. Die vraag is waarom hy nie net weggehardloop het nie.
Vergifnis word al hoe moeiliker.
Mag die Vader ons volk beskerm.
DIS NET SO TRAGIES !!
Dit klink baie soos ‘n sluipmoord. Is daar enige verdere besonderhede oor sy werk?
My innige simpatie aan sy familie.
Dink jy hy het nog gewerk? Hy is 79.
Ja daar is mense wat in hul 80’s steeds werk.
Hahaha…. jy is seker nie ernstig met die aanmerking nie ~~ Sluipmoord !! Dit is ‘n “normale” inbraak wat weereens geklassifiseer sal word as “inbraak met verswarende omstandighede”..
Ai, hoe tragies. Alle voorspoed en medelye aan die familie en vernaamlik aan sy vrou. Om op daardie ouderdom deur so ‘n traumatiese ervaring te gaan. Ek kan my nie eens indink hoe sleg dit moet wees nie.
Dis so onnodig… Wat het aanvaller nou eintelik bereik? As hy agter iets van aardse waarde was sou ‘n mens bietjie beter kan verstaan.
Nee, hy prop homself eenvoudig net by ‘n venster in, skiet ‘n onskuldige man dood en vlug. Dit maak nie sin nie! Wat was die punt daarvan?
Dit wil voorkom of die skieter geweet het waar hy slaap. Hoef seker nie te ver te soek as al die vorige werknemers ondervra kan word nie. Innige simpatie tannie, en al die familie.