Naam bekend van dogter wat by hoërskool sterf

Die staat se patologiedienste was op die toneel om die liggaam van die toneel te verwyder (Foto: Pieter Cloete/Maroela Media)

Die gr. 10-leerder van Hoërskool Garsfontein in die ooste van Pretoria wie se liggaam Dinsdagoggend op die skool se rugbyveld gevind is, se naam is bekend gemaak.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys, het haar uitgeken as die 16-jarige Mia Kühn. Haar ouers het toestemming gegee dat haar naam deur die media bekendgemaak mag word.

Maroela Media het vroeër berig Mia se ma het haar Maandag om middernag die laaste keer lewend tuis gesien. Hulle het daarna gaan slaap en toe sy haar dogter vanoggend in haar kamer gaan soek het, was sy skoonveld.

Matome Chiloane, LUR van onderwys in Gauteng, wat die skool besoek het kort nadat die jong meisie se liggaam by die rugbypale ontdek is, het vroeër gesê hy kan in hierdie stadium sê die leerder het weens onnatuurlike oorsake gesterf, maar kon nog nie bevestig of daar ander partye of vuilspel betrokke was nie.

Meer inligting sal volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Vanessa ·

Ek ken nie eers die kind nie, maar my hart is in stukke. Ek is gister oggend daar verby en het haar nie eers daar sien lê nie. Ag hemel ek kan nie dink hoe verpletterd haar ouers is nie. Al wat ek wil weet is waarom het dit gebeur. Waarom. Niks wat mens sê gaan die ouers se seer en leemte wegvat nie. God asb. help hulle deur die moeilike tyd. Gee hulle krag!

christo ·

Hoeveel koester ons deesdae die gemeenskap se kinders? Die geweldige druk waaronder kinders deesdae so gedruk word om so vroeg volwassenheid te bereik, is so onregverdig dat kinders nie meer kinders mag wees nie.

Marcello ·

Sterkte aan haar ouers , famillie, en vriende. Dit is so hartseer veral as dit ‘n kind is, maar sal ons ooit weet wat werklik gebeur het, of hoekom.? Ander mense se boeke is duister.

Psyggie ·

Dit is so’n bitter hartseer geval. ek kan my net indink waardeur daardie gesin tans gaan.
Maar, hoe gebeur so-iets?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.