Naam bekend van man wat in motor doodbrand

Werner Strydom (Foto: Facebook)

Die polisie in Limpopo het Donderdag die naam bekend gemaak van die 39-jarige man wat Woensdag in ʼn brandende motor gesterf het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het bevestig Werner Hugo Strydom is in die brandende motor gevind. Hy het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek inligting dat Strydom sy eie lewe geneem het.

Maroela Media het vroeër berig die motor het langs ʼn ou gebou van die Pekoe View-teetuin naby Magoebaskloof buite Tzaneen parkeer gestaan.

Die polisie is ontbied nadat inligting ontvang is oor ʼn motor wat brand. Volgens inligting het Strydom met die R71 na Pekoe View gery en sy motor het kort daarna begin brand. Die ondersoek sal die oorsaak van die brand bepaal.

Pekoe View-teetuin, wat vroeër jare bekend was vir sy uitsig oor die teeplantasies, het in 2016 sy deure gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mrs.B ·

Sy familie en vriende is in ons gebede. Om iemand af te staan aan die dood, is nie maklik om te verwerk nie. Mag jou siel rus in vrede.

LS ·

Dis is so hartseer !!!
Rus in vrede !!!
Sterkte aan al die familie en vriende in hierdie moeilike hartseer tyd.

Faidan ·

My innige meegevoel aan Werner se vriende en familie.
Hy was op ons verf groepie en het in die week nog gewys die mooi spieelkas wat hy klaargemaak het. Hy het Woensdag oggend nog gevra vir ‘n vrou om vir hom ‘n katalogus te stuur oor embelishments. Iemand wat sy eie lewe wou neem gaan mos nie nog plan maak vir toekomstige verf projekte nie? Rus sag Werner. Gaan jou mooi projekte mis op die groepie xxx

Hartseer ·

Nee jy is ongelukkig verkeerd. Soms loop mense rond met sulke donker gedagtes vir weke lank. Maar mens probeer deurdruk en aangaan met alledaagse dinge. Paarty mense loop elke dag van hul lewe rond met sulke swart gedagtes maar pleeg nooit selfmoord nie, ander kom deur die slegte tyd, en ander maak hulself dood. Die mense wat hulself doodmaak steek juis hul planne goed weg tot aan die einde.

SARIE VAN HEERDEN ·

Mense wat werklik ernstig is om selfmoord te pleeg tree so natuurlik op as moontlik. Dis die wat DREIG en net mense wil skrikmaak wat jou laat weet wat hul beoog om te doen. Ek kry die familie van so ‘n persoon baie jammer maar vir hom wat geslaag het in sy besluit het ek nie jammer nie want hy is nou gelukkiger omdat hy nie meer die druk van die lewe kan hanteer nie.

Alida ·

Ai Werner dis so bitter jammer .
Dit moes n verskriklike dood gewees het.. Niemand kan hulle indink waardeur jy moes gaan nie.
Niemand kan ooit verstaan of voel wat in n ander se lewe en hart aangaan nie.
Familie en vriende mag elkeen rus en vrede vind oor hierdie tragiese onverwagse dood van Werner. R.I.V Werner.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.