Naam bekend van SA soldaat wat in DRK sneuwel

(Argieffoto ter illustrasie: Henk Kruger/ANA)

Die weermag het die naam bekend gemaak van ʼn Suid-Afrikaanse soldaat wat in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) deur een van sy makkers gedood is.

Weerman Simanga Arthur Khuselo (37) het aan sy beserings gesterf na ʼn voorval tydens ʼn operasie in Kilia, in die ooste van die DRK. Hy was ʼn lid van Suid-Afrika se vredesmag in die land.

Khuselo was verbonde aan Eenheid 1 Taktiese Intelligensieregiment in Potchefstroom en word oorleef deur sy vrou en twee kinders.

Volgens die weermag sal begrafnisreëlings bekend gemaak word sodra die familie die reëlings afgehandel het.

Nosviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, asook verskeie ander hooggeplaastes het hul medelye met Khuselo se familie, vriende en kollegas betuig.

Maroela Media het vroeër berig ʼn raad van ondersoek is reeds op die been gebring om die omstandighede wat tot die voorval gelei het te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Wat weet julle van oorlog julle anc narre gaan mekaar raak skiet.

Dirk Mostert

Ons troepe het niks daar verloor nie. Hulle moet eerder ons grense verdedig. As daar te veel is, dank hulle af en bespaar aan die verdedigings-begroting.

Jack

Dit kan gebeur maar met die land se reputasie van moord sal ek my nie verbaas as dit beplan was nie. Dis mos eenvoudig om uit te voer.

Francois Le Cochon

“Room van die oes” regiment wat sy makker doodskiet? Hoe gaan dinge dan by die gewone voetsoldate?

david

37-year-old Private? Deployed? How is this possible, no private soldier in western armies will allow a private to stay longer than 27 at most before letting them go, other words this man who has been a private since he was 18 years ? old for 19 years, with no advancement in rank?
Either he was shot by a negligent discharge or murder, we don’t know which and I suspect the SANDF will rule this as a military secret and we will never find out without a concerted legal effort!