Naam bekend van vlieënier wat in heli-ongeluk sterf

Nico Heyns. Foto: Facebook.

Die polisie in die Wes-Kaap het bevestig die helikopterongeluk wat vanoggend plaasgevind het tydens ’n brandbestrydingspoging in die Vermaaklikheid-omgewing het die lewe van die 65-jarige Nico Heyns geëis.

Heyns was ʼn vlieënier van Working on Fire (WOF).

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê Heyns het omstreeks 09:50 vermoedelik beheer oor die helikopter verloor. “Dit het na die grond getuimel en verongeluk. Die man is op slag dood. Hy is later as Nico Heyns van George geïdentifiseer,” het Pojie gesê.

Volgens Pojie was daar niemand anders in die helikopter ten tyde van die voorval nie. “Die polisie op die toneel moes reël dat die liggaam spoedig verwyder word aangesien ʼn brand die omgewing begin verswelg het waar die helikopter neergestort het,” het Pojie gesê.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Pappie Maja, woordvoerder van die Burgerlugvaartowerheid (BLO), het ook gesê die owerheid het begin met ʼn ondersoek na die voorval. “Forensiese kenners, onder wie die staatspatoloog, het die toneel besoek en gefynkam vir leidrade.”

Die ondersoeke duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Daan ·

As jy 65 is het jy ‘n leeftyd se ondervinding. Dit is beslis nie “pilot error” nie. Dit is nie die eerste helikopter van hulle wat val nie

Viljoen ·

Hoop BLO stel jou aan om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek… Dit klink my jy weet als van mens en masjien. Eerder sterkte aan die familie.

Louise ·

Dit is al die hoeveelste vliegtuig of helikopter van WOF wat neerstort. CAA het laasjaar al n paar van hul vliegtuie “geground”
So ja, Daan weet waarvan hy praat. Oom Nico is n baie ervare pilot, en hierdie was beslis nie “pilot error” nie!
Baie sterkte aan Oom Nico se familie, Oom was n Legend, hart van goud!

Daan ·

As jy 65 is het jy geen ondervinding nie. Viljoen. Wat is die regte antwoord?

Griet ·

Ai. My hart gaan uit na sy geliefdes. Kom ons bid saam v hle.

Anemie ·

Sterkte aan sy familie, kinders en kleinkinders, hy was ‘n hero in soveel mense se oë, hy het gedoen waarvoor hy ‘n passie gehad het, RIP oom Nico, sterkte my vriendin ons innige simpatie xxxx

Gesiggie ·

My innige meegevoel aan sy Familie en vriende… hy het sy werk met n passie gedoen en almal sal hom onthou vir die mens wat hy was….dit is baie hartseer

Heinrich ·

Was dut ń Huye. Dan is daar ń probleem. Dit is nue die eerste nie. Wie besit working on fire? Ń kader met ń gekoopte CPL wat noue bande met BLO het. Staatskaping kid lewens.

Cherokee ·

Wat ‘n faktor kon wees is ‘updrafts’ wat gevorm word deur die hitte meegaande met ‘downdrafts’ waar kouer lug en dit kan geweldige onstuimigheid veroorsaak in die lug.

J ·

Weer ‘n ou Amerikaanse helikopter wat geval het. Die goed is jare terug gebruik in die Viatnam oorlog en daarna aan privaat instansies verkoop. Ek hoop hulle ground die goed in Suid-Afrika
vir altyd. Onderdele is skaars en die helikopter is baie duur om te onderhou. Jammer vir die vlieënier en sy familie.

J c ·

Weer ‘n ou Amerikaanse helikopter wat geval het. Die goed is jare terug gebruik in die Viatnam oorlog en daarna aan privaat instansies verkoop. Ek hoop hulle ground die goed in Suid-Afrika
vir altyd. Onderdele is skaars en die helikopter is baie duur om te onderhou. Jammer vir die vlieënier en sy familie.

Jackie ·

Ek het vandag gehuil soos 3jr 7mnde en 16dae gelede toe my man ook in n Huey ongeluk dood is. Hy was ook n Hero. So was Darrel Rea wie 4 weke na my man geval het ook. Maar hoekom moes hullde eers sterf voor hulle Helde word?

Jackie Marais ·

Ek het vandag gehuil soos 3jr 7mnde en 16dae gelede toe my man ook in n Huey ongeluk dood is. Hy was ook n Hero. So was Darrel Rea wie 4 weke na my man geval het ook. Maar hoekom moes hullde eers sterf voor hulle Helde word?
Aan Nico se kinders sterkte. Julle pa was n stunning man en n gentleman.

_

Beulah ·

So jammer. Dit is so hartseer. Ek lees jou woorde en my hart is dadelik seer. ?

Stephen Namibia ·

Die leunstoel kritici verstom my.
Vliegtuig kan 100 jaar oud wees en nog steeds veilig vlieg.
Dit geld ook vir vlieeniers. Solank jy medies geskik is mag jy vlieg.
Daar is streng vereistes met vliegtuig onderhoud soos jaarlikse MPI inspeksie en ander dienste wat gereeld gedoen word. Die ingenieurs is verantwoordelik vir dienste en besluit of die vliegtuig mag vlieg of nie en nie die vlieenier nie.
Hierdie mense doen gevaarlike werk en enigiets kon gebeur het. Nico was een van die beste heli vlieeniers in SA.

Cherokee ·

Dìt Stephen, is waarom ek in my kommentaar hoër op die aanname gemaak het dat lugstrome as gevolg van die hitte en kouer dele onstumigheid in die lug veroorsaak het. In ag genome die lae hoogte waarop daar gevlieg is, kan ‘n skielike downdraft tot op die grond strek sonder ‘n kussing effek daaronder. Dit is miskien wat gebeur het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.