Naam van gevalle Limpopo-polisieman bekend

Lt.genl. Fannie Masemola by ao. Thomas Mabada se familie. Foto: Verskaf

Lt.genl. Fannie Masemola by ao. Thomas Mabada se familie. Foto: Verskaf

Die naam van die 52-jarige polisiebeampte van Siloam naby Louis Trichardt in Limpopo wat Maandagaand koelbloedig doodgeskiet is toe hy gewapende rowers agternagesit het, se naam is bekend gemaak.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die beampte, Thomas Madaba, was ʼn adjudant-offisier by die Siloam-polisiestasie.

Lt.genl. Fannie Masemola, die provinsiale polisiekommissaris, het Mabada se familie Dinsdag besoek om sy meegevoel te betuig. Masemola het gesê die polisie sal alles in hul vermoë doen om te sorg dat Mabada se moordenaars vervolg word.

Ao. Thomas Mabada. Foto: Verskaf

Ao. Thomas Mabada. Foto: Verskaf

Maroela Media het vroeër berig Mabada was op patrollie saam met ʼn kollega op die pad tussen Siloam en Thohoyandou waar talle voorvalle van gewapende roof by besighede die afgelope tyd plaasgevind het.

“Hulle het inligting ontvang oor ʼn verdagte voertuig in die omgewing en dit gevolg nadat hulle dit opgemerk het, ” het Otto vroeër gesê. “Die verdagte voertuig het afgedraai op ʼn grondpad en toe die polisiemotor agternakom, is skote afgevuur. Die adjudant-offisier is raakgeskiet en is op die toneel dood.”

Otto het gesê die verdagtes se verlate voertuig is later elders in die gebied gevind. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Altesaam vier polisiebeamptes is vanjaar reeds in Limpopo vermoor. Buiten Mabada, was die ander drie beamptes nie aan diens toe hulle vermoor is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

irene ·

Ons will graag he alle moordenaars op alle rasvlak moet vervolg work

willie ·

Die polisie man is dood,Die staat kan nie sy lewe waarborg of hom lewend maak.Gatvol vir julle moordenaars en kreminele,ons is in n abnormale land,daar die polisie manne wat aan gekeer is ,ons voel net soos julle ,ons bid vir,

petra van vuuren ·

snaaks dat hulle als sal doen om die moordenaar van die polisieman te vang.
Ma boeta, laat daar nou net ‘n plaas eienaar(wit)natuurlik, doodgemaak word. Dan hol hulle vinnig alle kante toe.

Lorna ·

Krimmenele met gewere Regtig nou word daai 4 SAPD ouens vervolg omdat jul van een krimmeneel ontslae geraak het en by het n revolver by him gehad regtig SA kom by hoeveel manne a an diens word vermoor RIP

Skim ·

Boer, polisieman, besigheid eienaar of junkie, die feit is dat die kriminele mense vermoor, borg kry en weer moor. 4 lede van die polisie wat nog bereid is om te werk, skiet n rower na hy op hulle geskiet het, hulle word gearresteer en 3 van hulle is borg geweier op hierdie stadium. Die fokus hier is dat kriminele in SA soortvan die status van “Untouchable” begin bereik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.