Naam van vermoorde Lindley-boer bekend

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die polisie het Sondagmiddag die naam van die Vrystaatse boer wat dood is nadat hy Saterdagaand wreed op sy plaas aangeval is, bevestig.

Kol. Annelie Wrensch, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 77-jarige Hein Smith van die plaas Rondekom is Saterdagnag aangeval, maar eers Sondag omstreeks 08:00 deur sy bure ontdek.

Maroela Media het vroeër berig Smith is ’n ent van sy huis af gekry waar hy deur die aanvallers vasgemaak was. Hy was glo ernstig beseer nadat die aanvallers hom gebrand en erg aangerand het. Hy is kort ná sy aankoms by ʼn hospitaal oorlede.

Volgens Wrensch word vermoed dat drie verdagtes Smith oorval het. Hy is deur ’n buurman gevind wat gaan ondersoek instel het nadat Smith se bakkie verlate buite die plaas gevind is en hy nie geantwoord het toe mense hom probeer bel het nie. Smith het alleen gebly.

“Smith se naasbestaandes is van sy dood ingelig,” het Wrensch gesê. “’n Saak van moord en gewapende roof word ondersoek.” Wrensch kon nie in hierdie stadium bevestig waarmee Smith gebrand is nie.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het die moord ten sterkste veroordeel en dit as ʼn tragedie bestempel. “Al manier hoe ons [plaasaanvalle] kan keer en verminder, is om mense by plaaslike veiligheidstrukture betrokke te kry. Gemeenskapgesentreerde selfdoen-veiligheid is al manier – ons kan nie meer op die regering staatmaak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Chris ·

Die enigste en vinnigste oplossing is om die kommandostelsel terug te bring.

Hendrik ·

Ongelukkig staan ons alleen in hierdie saak en die regering sal nie die kommandostelsel terug bring nie. DIe boere moet eenvoudig net ‘n veiligheidsstruktuur skep soos sommige boeregemeenskape dit al gedoen het. Organisasies soos TLU-SA, SgriSA en Afriforum het reeds sulke strukture gevestig en die boeregemeenskappe moet met hulle kontak.

CHRISTA ·

Begin julle eie kommandostelsel. Julle kan in elk geval nie die regering vertrou nie. Ek kan julle waarborg ‘n groot deel van ons gemeenskap sal julle ondersteun en bystaan, want hulle is self keelvol van al die misdaad!!

ferdi kemp ·

boere moet hulle self bewapen en na hulle self kyk. Hulle moet ophou staat maak op die polisie en kommandos wat nooit sal realiseer nie.
Kry jouself ‘n vuurwapen , leer skiet , lei jou vrou en kinders op , moenie sommer net buite uitgaan nie.
Los ‘n vuurwapen vir jou vrou en kinders as jy nie tuis is nie. Kyk na jou veiligheid , diefwering , hekke en plekke waar hulle kan inkom. Al is die persone hoe oud – moet hulself nogsteed met ‘n vuurwapen kan help en aan hom die opleiding leer en aan hom verduidelik die belangrikheid van ‘n vuurwapen om jou en jou gesin te beskerm. Ons boere is gans te mak. besef nie die gevaar wat daar is nie. Moenie dink dit sal nooit met jou gebeur nie , en Agriform en solidariteit sal dit nooit regkry om ons boere te beskerm nie , want hulle weet nie presies wanner elke aanval gaan plaasvind nie , om dit te keer nie. Kyk na jouself !

LEON ·

Die vraag is net, gaan dit help. Hoe lank gaan dit net nie vat om die Kommando Strukture weer in plek te kry nie , en hoeveel boere moet nog vermoor word in die tyd ? Ek stel voor dat die minister van die betrokke department aangekla word vir al die moorde.

Tersia ·

Steeds verslae!! Sterkte F , I en kinders!
Ek is dankbaar vir wat Oom Hein vir ons en my ma beteken het! Rus in Vrede liefste Oom!

jeanette ·

Rus in vrede oom hein F I en kinders ons bid vir aanvaarding en krag

FM ·

Afriforum moet n slag vir ons president op nasionale televisie vra of hy nie plaasmoorde wil veroordeel nie.Ek sal graag wil hoor wat is sy mening en wat hy gaan doen om dit te prioritiseer. Miskien moet hulle ook vir hom die wreedaardigheid wwys.Maar onse pres is seker te besig, né?

volksmoord ·

Onthou hulle se mos hierdie is maar net gewone misdaad,en ek is seker die president weet presies wat aangaan en hoeveel boere vermoor word.
Ons word uitgemoor en die meeste suid afrikaners is nog blind vir die feit dat ons reeds in n volksmoord situasie is. Ek stel voor dat boere arm blankes wat tans in “konsentrasie kampe” bly op hul plase laat woon in ruil vir arbeid en veiligheid en n klein selaris waarmee AfriForum kan bydrae

CHRISTA ·

Ek stel voor Afriforum moet die president vra of DIT was wat hulle bedoel het met hulle slagspreuk: KILL THE BOER, KILL THE FARMER!

A vdW ·

Ons is expats. Het enigiemand voorstelle vir organisasies wat plaas aanvalle beveg waaraan ons ‘n skenking kan maak?

SAKKIE KRUGER ·

Sal u my asb kontak ivm u aanbod vir n skenking
dankie
Sakkie Kruger (LANDBOU VEILIGHEIDSDIENS)

FM ·

Die regering wil nie grond by die boere koop nie, want dan kos dit hulle geld. Agv Nkandla, korrupsie ens het hulle nie geld nie. Nou word die boere op hul plase vermoor sodat boere paniekerig moet raak en hul grond verlaat. Dan kan die moordenaars dit in besit neem sonder dat dit die regering geld kos.Dan kan die staat mos sê dis nie hulle wat die grond afgevat het nie. Eers wanneer daar n klomp swart boere vermoor word, sal die regering plaasmoorde prioritiseer.Ons is vinnig besig om n tweede zimbabwe te word. 99 persent van die moorde is rassisties. Dis teen die Blanke ras gemik. Die boere moet vasbyt op hul plase en armblankes inneem. En die siening is myns insiens nie swargalligheid nie. Dit is hoe dit is. Dis die regering se goedkoopste uitweg. Vabyt Boere en Afrikaners.!!!!!!

Treurgrond ·

Ek stem 200% saam oor jou kommentaar wat jy gelewer het. Vasbyt Boere en Afrikaners.

CHRISTA ·

Ek het lankal gesê die ANC is so behep met naamsveranderings, hulle kan maar ons land se naam verander na ZIMBABWE EXTENSION!!!

Johan ·

Soos n vriend hierbo genoem het: bring kommando stelsel trug, want dit was die plan vd regering om kommandos stop te sit sodat die boggers met hulle moordtogte kan slaag. Kommandos was baie effektief vroeer en ons almal weet dit. Om so aanvat heeltyd te sterkste te veroordeel gan nie n aksie ontlont om die kosbare boere te beskerm nie. Andersin weet ek nie. Dalk weet ek…maar los dit daar

Rupert Ashford ·

Die Kommandostelsel sal nooit formeel weer ingestel word nie. Veral nie as die vermoedens oor die redes dat die aanvalle goedsmoeds toegelaat word die waarheid is nie. Ek dink mens sal onder AfroForum se “selfdoen” beginsel moet kyk na of mens binne die bestaande wetgewing “kommando’s” of “boere buurtwagte” sal kan instel onafhanklik van die regering/polisie en dan met die polisie “saamwerk”. Gaan tyd/geld/opoffering van die boere (en dorpbewoners?) vra maar dit is dalk die enigste opsie.

jennefer ·

Ek verstaan Mugabe het wakker geskrik. Hy wil nie meer blanke boere van hul plase afsit. Ek wonder maar net of mense besef dat dit wat n boer weet , nie altyd uit boeke geleer kan word. Hul instink en geloof maak hul suksesvol!

Treurgrond ·

Wat gaan aan in onse land………………………wanneer gaan daar iets gedoen word omtrent plaasmoorde. Jammer Oom Hein, ek ken u nie eens nie, maar ek voel net hartseer. Jammer aan al oom se familile. Rus in vrede Oom Hein.

Jurandi ·

Hiermee wil ek nie onsensitief wees nie, ons het egter vroeër vanjaar van ons lieflike plaas afgetrek weer terug dorp toe agv plaasaanvalle, ek het op die nuus die slegte nuus van dr. Hein Smith gesien. My innige simpatie aan sy familie en geliefdes. Ek het ook gesien dat sy skaaphond ’ronddwaal’ soos gesê is op die plaas, weet enige iemand miskien waar die hondjie nou is? Ons het ook ñ skaaphond en sal met liefde hom/haar ñ tuiste wil gee indien die familie van dr. Smith nie die hondjie wil aanhou nie. Sal enige iemand wat inligting het van die skaaphondjie my asb kontak.
Baie dankie

Johannes Meintjes ·

Hierdie bloed is voorts op ons almal se hande, – hetsy deur plig of versuim. D

Johannes Meintjes ·

Hierdie bloed is voorts op ons almal se hande, – hetsy deur plig of versuim. D

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.