Naam van Zondo se broer by staatskapingondersoek genoem

Robert McBride Foto: Werner Beukes/SAPA

Robert McBride, voormalige hoof van die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod), se getuienis voor die kommissie van ondersoek na staatskaping kan moontlik adjunkhoofregter Raymond Zondo se jonger broer onder verdenking plaas en só ʼn moontlike botsing van belange laat ontstaan.

Die Zondo-kommissie het Donderdag gehoor regter Zondo se broer, adv. Mxolisi Zondo, se naam word glo in McBride se getuienis vervat. McBride se getuienis sal meer lig werp op die beweerde kaping van wetstoepassings- en regsowerhede.

Hy sal ook sy mening gee oor die optrede van die jonger Zondo-broer wat die voorsitter was van McBride se dissiplinêre verhoor.

Paul Pretorius, die getuienisleier, het sy kommer uitgespreek oor ʼn moontlike konflik van belange vir die adjunkhoofregter. Hy het gesê Mxolisi is wel deur die kommissie se regspan ingelig oor die verwikkelinge. “Mnr. Mxolisi Zondo het aan die kommissie geantwoord ‘wat ook al McBride of enige ander getuie oor my mag sê, moet oorweeg word in die lig van die amptelike rekord’.”

Mxolisi het aangedui hy sal nie McBride kruisondervra of enige vertoë aan die kommissie rig nie.

Mxolisi was ook die voorsitter van ʼn verhoor teen voormalige Valke-baas Shadrack Sibiya oor die onwettige uitlewering van Zimbabwiërs in 2015. Mxolisi het bevind Sibiya het versuim om die uitlewering van die Zimbabwiese burgers te verhoed.

Verskeie mense is geskors namate die ondersoek gevorder het. Dit het McBride ingesluit wat deur die voormalige minister van polisie, Nathi Nhleko, geskors is omdat hy daarvan beskuldig is dat hy die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) mislei het deur na bewering sy oorspronklike uitleweringsverslae, waarin Sibiya en Sibiya se voormalige baas, Anwa Dramat, betrek word, te wysig.

Matthew Sesoko, Opod se hoof van ondersoeke, het ʼn verslag onderteken waarin Sibiya en Dramat van enige oortreding in die ondersoek vrygespreek word. Sesoko is later afgedank, maar in 2016 weer aangestel nadat die aanklagte teen hom teruggetrek is.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo. Foto: Karen Sandison/ANA

Regter Zondo het beslis hy sal vir eers McBride se getuienis aanhoor en later besluit, ná oorlegpleging, hoe die Mxolisi-kwessie hanteer moet word. Zondo se opsies is om homself te verskoon om McBride se getuienis in sy geheel aan te hoor of te verskoon van gedeeltes van die getuienis waar Mxolisi ter sprake is. Hy kan ook kies om homself glad nie te verskoon nie.

Pretorius het agtergrond gegee oor die regsgroepering en wetstoepassing in die land en hoe al die instansies met mekaar verband hou in die uitvoering van hul pligte.

Hy het gesê die kommissie sal ook ondersoek instel hoekom daar met die Skerpioene weggedoen is wanneer amptelike statistieke toon dat dié teenmisdaadeenheid se sukseskoers van inhegtenisnemings en vervolgings baie hoog was.

Die Skerpioene is in 2009 ontbind toe pres. Jacob Zuma aan bewind was en is deur die Valke vervang.

Pretorius het gesê gevalle van vermoedelike ongeregverdigde terugtrekking van sake waarby politieke hoëlui betrokke is en die beweerde misbruik van openbare geld in wetstoepassing, waaronder veiligheidshuise, sal ook ondersoek word.

Die Opod is ʼn onafhanklike polisiewaghond en vervul ʼn oorsigrol oor die SAPD en metropolisiedepartement. Opod doen ondersoeke na strafregtelike oortredings wat deur lede van die polisie gepleeg word en maak dan aanbevelings op grond van die bevindings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Zond(o)e met die bure? = Vertragings taktiek.

Alida ·

Oeee, as jy daar bo is, kan ons maar wonder hoe jy daar gekom het. Lyk my *niemand* is bo verdenking nie.

Cherokee ·

Nou wonder ons of daar enige opvolg gaan wees na afhandeling van die kommissie se ondersoek(e). Gaan Opod finale sê hê of wat, indien enige iets, gaan die volgende episode wees. Hier word reeds slinkse leidrade gelaat dat McBride dit in weerwraak doen. Wat sy motief is, hetsy weerwraak of wat ook al, tel nie. Wat tel is of hy die waarheid vertel.

Johann cb ·

Is daar dan níémand in Suid-Afrika wat vry is van korrupsie nie? Wat is besig om met ons te gebeur?

Genieve ·

Spreek woord se:..Al moet die kraaie dit ook uitbring maar die waarheid kom altyd uit hier is niemand wat jy meer kan vertrou in SA nie.

Francois Le Cochon ·

@ Gansie. Die volgende vertaling sal seker ook “afbrand” insluit.

Jerry ·

Ek hoop nie dat daar mense is wat geskok is nie. Teen die tyd is dit n gegewe dat almal wat aan die bevrydingsorganisasie behoort, sonder uitsondering, op een of ander manier betrokke sal wees, omrede kaderontplooiing n doelbewuste ANC NDR program was en steeds is. Van die eerste appeltjie to by die laaste appeltjie in die mandjie is vrot en vrot appeltjies kan nie geskil word nie en dit sluit die kamtige hoogheilige Mcbride in! Maar moenie worry nie, almal wat geimpliseer word, word beskerm en bestuur, nie vervolg nie, behalwe natuurlik die in die laer rangordes! Kommissies is aangestel om te mislei, te kyk watse klinkklare bewyse bestaan en nie bestaan nie en om genoeg tyd te gee vir geimpliseerdes om teenbewyse en teenargumente te genereer sou vervolging wel ingestel word. MAW dit is een groot klug met doodeenvoudig te veel “dots” om dit enigsins te “connect” sonder om dit te “clutter”! Die “dots” storie is soos n haelstorm. Daar is te veel korrels en teen die tyd wat jy by die belangrikste korrel uitkom, dan het die korrel heeltemal weg gesmelt en daarmee saam enige hoop om al die “dots te connect” vir n suksesvolle vervolging en vir geregtigheid! Bevrydingsorganisasies het regdeur Afrika die papierspoor van hulle wandade uiteindelik met n bloedspoor bedek wanneer hulle hulself nie verder uit dit kon uitdraai nie. Wanneer die ANC klugbabbel uiteindelik gaan bars sal die ANC ook nie veel van n uitsondering op die reel wees nie!

? leser ·

is raymond zondo nie nou ook onder verdenking nie
was wolf wat nou skaapwagter is, nie ook betrokke by staatskapingnie, ondersoek hom ook maar

Alida ·

Regter Zondo kan darem nie instaan vir sy broer se sondes nie. Mens sal nou kan sien wat hy gaan doen en sy integriteitsvlak toets.

jakes ·

Die hele spul is n siek grap. Vrot van bo na onder, dis om van naar te word. SA is seker tans die mees korrupte land ter wereld. El is seker dat ons nog net die oortjies van die seekoei beleef het.

??? ·

Integriteit….wat is dit…eet jy dit… of wat. ????wat a grap is die mense…

Hennie Theart ·

Dit is hoekom dit so belangrik is om die “praying for South Africa” te ondersteun.
Daar moet ‘n Goddelike regering aan bewind kom om die klomp goed uit te sorteer.
Dit is net wannner God in behher sal wees wat ons vreugde en vrede sal he.

waarheid ·

Hierdie Zondo regter kan ook maar ondersoek word – hulle is almal korrup regdeur die bank en ook die regbank- dwarsdeur tot by ramapaddapot..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.