Naamstorm begin broei oor Kaapstad se lughawe

Foto: Ashley Mills, saairforce.co.za

Foto: Ashley Mills, saairforce.co.za

ʼn Storm oor planne van die SAKP om glo Kaapstad se lughawe na Chris Hani te vernoem, is aan die broei nadat die oud-politikus Peter Marais deur sy Facebook-bladsy, alle Khoi, San en Griekwas opgeroep het om dit teen te staan.

“Oor ons dooie liggaam,” skryf Marais, wat voorheen ook as premier van die Wes-Kaap gedien het. “Ons sal nou ons stemme moet laat hoor en daarop aandring dat die lughawe na ‘n Khoi- of Griekwa-leier vernoem word. Watter verbintenis het Hani met die Wes Kaap? Absoluut niks. Vriende, laat ons nou ons eie veldtog begin en gesamentlik oor ‘n naam vir ons lughawe besluit.”

In ʼn volgende plasing skryf hy: “Kapenaars, ons sal moet opskud as ons nie die Kaapstadse lughawe na ‘n kommunis Chris Hani vernoem wil hê nie. En dit nogal in ‘n stad waar daar 80% gelowige mense woon.”

Volgens Marais het DA-LP Beverley Schaffer, provinsiale voorsitter van die landbou- en toerismekomitee, aan die media gesê dat sy geen beswaar daarteen het nie, solank ‘n publiekedeelname-proses gevolg word. “Ons weet wat dit sal beteken,” het Marais hierop gesê. “Die ANC ry honderde ondersteuners na sulke ”publieke” vergaderings toe om hul voorstelle kamma te steun. Ons moet dadelik ‘n leiersvergadering reël.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Carel ·

“Volgens Marais het DA-LP Beverley Schaffer, provinsiale voorsitter van die landbou- en toerismekomitee, aan die media gesê dat sy geen beswaar daarteen het nie……..”

david ras ·

Laat liewer vir Clive Derby Lewis vry as om sulke sotlikhede te oorweeg !

Drieks ·

Mooi man. Ek het al gewonder wat gaan aan dat die Khoisan en Griewas niks sé in ons land nie. Gedink die Anc het jul ook ingesluk soos vir die Zulus.

KarooKlong ·

Hoekom ‘n khoi of griekwa naam?
Bly neutraal dan kan niemand kla nie.
Kaapstad Internasionaal klink die mees gepaste naam. Dan weet almal waarvanaf en waarnatoe hulle vlieg.
Wie is chris hani in elkgeval?
Wie is peter marais in elkgeval?

Babs ·

Kaapstad Internasionaal / Cape Town International en klaar! Ons soek niks van die ANC in die Kaap nie. Alles waarby hulle betrokke is loop uit op ‘n mislukking.

CHRISTA ·

Is die ANC op drugs?? Daar is nie geld vir kragvoorsiening of skoolboeke nie maar hulle spandeer honderd miljoene op naamsveranderings. Laat hulle party in die toekoms self vir hulle naamsveranderings betaal!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.