Naamsverandering vir Pta-skool nou ʼn werklikheid

hoërskool-hendrik-verwoerd

Die ingang van die Hoërskool Hendrik Verwoerd gaan dalk binnekort ‘n nuwe naambord kry. Foto: Schoolkidz.co.za

Die bal is nou behoorlik aan die rol gesit om die Hoërskool Hendrik Verwoerd in die Pretoriase Moot eersdaags ʼn nuwe naam te gee.

Volgens Olga Veldsman, voorsitter van die skool se beheerliggaam, is daar ʼn paar name op ʼn kortlys geplaas wat hierdie week aan die departement van onderwys gestuur is vir goedkeuring. Die skool het sedert 19 Februarie voorstelle vir ʼn nuwe naam ingevorder en die proses is op 19 Maart afgesluit.

“Leerlinge, onderwysers, ouers, oudleerlinge en die gemeenskap kon voorstelle vir ʼn nuwe naam vir die skool maak,” het sy gesê.

Veldsman wou egter nie in hierdie stadium oor enige van die voorstelle wat die kortlys gehaal het uitbrei nie en het enige verdere navrae oor die name na die onderwysdepartement verwys. Dit is ook nog nie seker wanneer die nuwe naam van die skool bekengemaak sal word nie.

Sy het wel benadruk dat die skool en die beheerliggaam verbind is tot die waardes en doelwitte wat deur die onderwysdepartement uiteengesit word.

“Die skool het oor baie jare bewys dat ons ten volle toegewyd is om ons gemeenskap te dien in ʼn geïntegreerde en nierassige samelewing.

“Die belangrikheid van dié transformasie vir ons skool, ons kinders en die gemeenskap as ʼn geheel, kan nie genoeg beklemtoon word nie,” het sy bygevoeg.

Hoërskool Hendrik Verwoerd se beheerliggaam het ʼn verklaring met die voorneme om die skool se naam te verander reeds in Julie 2016 by die onderwysdepartement ingedien.

Die onderwysdepartement het die skool se aansoek in Februarie 2017 goedgekeur maar die skoolhoof, Hennie du Toit, het in dieselfde jaar besluit om af te tree.

Volgens Veldsman het die skoolbeheerliggaam besef sy aftrede sal ʼn reuse-impak op die skool en die gemeenskap hê.

“Groot veranderinge gaan gewoonlik met ʼn tydperk van onsekerheid gepaard. Vir die skool om ʼn nuwe karakter rondom ʼn nuwe naam te bou sal sterk leierskap van ʼn hoof en die hele skoolbeheerliggaam as ʼn eenheid vereis en daarom was dit vir die beheerliggaam belangrik om eers te wag totdat ʼn nuwe hoof aangestel is,” het sy gesê.

Debré Bam, die nuwe skoolhoof, is in Oktober 2017 aangestel en die skool kon daarna met die naamsveranderingsproses voortgaan.

Die besluit om die skool se naam te verander volg nadat die Gautengse onderwysdepartement in 2016 ʼn omsendbrief uitgestuur het waarin hy skole “met ʼn naam wat aanstoot kan gee” gevra het om dié name te heroorweeg.

Skole wat vernoem is na ʼn persoon wat voor die eerste demokratiese verkiesing in 1994 bygedra het “tot die ondermyning van menseregte” is destyds gevra om daaroor te besin, asook skole waarvan die naam “ʼn negatiewe betekenis het vir enige lid van die publiek of wat ʼn embleem of slagspreuk het wat aanstoot gee”.

Panyaza Lesufi, die LUR vir Gautengse onderwys, het in Maart 2016 gelas dat enige skoolnaam of -wapen moet verander wat met onderdrukking of rasse-oppergesag verbind kan word.

Cosas, ʼn studenteliggaam, het aan die einde van 2016 verder druk op Lesufi geplaas om skole se name te verander wat volgens die organisasie steeds apartheid vereer. Dié studenteliggaam het destyds sy visier hieroor op talle skole in Pretoria gestel. Die Hoërskool Hendrik Verwoerd, asook Pretoria High School for Girls is onder meer oor hulle name gekap.

Die Gautengse onderwysdepartement was teen die plasing van hierdie artikel nog nie beskikbaar vir kommentaar oor die kwessie nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Braam Maree ·

As die Verwoerd naam vir die ANC so aanstootlik is hoekom vra hulle dan nie vir Melanie Verwoerd in hulle geleerdere om haar van te verander nie

Madelein ·

Dis snaaks dat alles veranader moet word.ons as blanke mense mag niks van ons geskiedenis leer nie.al wat kunders un skole leer is net die swart geskiedenis.dit ontneem my kind se reg om van haar geskiedenis te leer.alles moet na swart name verander word.daar is geen toekoms vir wit mense in die land nie

Charmain ·

Nee hemel wat te erg is, is te erg!!! Mag ons nou niks he wat ons aan ons geskiedenis herinner! Als moet net weggevee word. Dit is verkeerd en onbillik!! Kan ons ook nou begin aandring op “naamsveranderinge” wat vir ons aanstoot gee? Ons geskiedenis bestaan! Ons kinders moet weet waarvandaan dit kom! Als moet nou verander want dit maak “ander” mense tog so seer. Wat van ons seer!!!

Ciska ·

Ek kannie glo dat ons so slap gewriggies geword het om ons hele geskiedenis te verraai nie! Dr Verwoerd het meer vir die wit Afrikaners EN VIR HIERDIE HELE LAND IN DIE ALGEMEEN gedoen as wat die rassistiese anc / eff / bflf / of watter effffie ookal ooit vir hierdie bloederige land sal kan of wil of probeer doen. Maar die een liegstorie na die ander word oor en oor vertel en op die groot borde gehang. Belaglik. Ek kry skaam vir ons slapgat mense…….

Neewat ·

Nou moet dit seker met ‘n terroris of vryheidsvegter se naam vervang word . so vreemd dat APARTHEID so groot sonde was maar nie BEE en EE en AA en ‘n regering wat wittes openlik DREIG en uittart en teen hulle diskrimineer nie …. Wat is die verskil tussen ‘n terroris en ‘n vryheidsvegter? NET TYD .. vandag ‘n terroris, more ‘n held!

GV ·

Really – IT IS JUST A NAME WHY DON’T THEY SPEND THAT MONEY RATHER ON EDUCATION WHICH IS NON-EXISTENT IN THIS COUNTRY

$ ·

Nou wat op aarde gee aanstoot uit ‘n naam soos “Pretoria High School for Girls”??

Ouers van HF Verwoerd ·

Goeie en besluit wat skool gemaak het want kinders van HF Verwoerd kry swaar kry nie beurs nie as gevolg van die naam HF VERWOERD! Kinders van die skool ook ingestem om te verander wat in verlede is, is verby daar toekoms vir kinders Skool al reeds klaar 2taling . HF Verwoerd skool is baie goeie skool en enigtste skool met GROOT harte wat kinders wil help DANKIE x

Susan ·

Smaak my jy was ook in die skool as ek so na die skryf kyk en die skool het nie so besluit nie die beheerligaam het geen ruggraat en het geswig onder die druk.Dit is hoekom die vorige hoof geloop het .

christo ·

Wat van Panjana Lesufii
Ouer van die skool sal dit srker verwelkom

Cherokee ·

So die skoolnaam gee aanstoot omdat dit na Hendrik French Verwoerd vernoem is. Omdat dit ‘aanstoot’ gee moet dit verander word. Twee dae voor Kersfees in 1985 het Andrew Zondo ‘n bom geplant in die Sanlam Sentrum in Amanzintoti. Hy het 5 mense vermoor en meer as 40 beseer. 9 September 1986 is die moordenaar gehang. Ethekweni het die straat waarin die gebeur het na die moordenaar vernoem. Dit heet nou Andrew Zondo straat selfs al het die moordenaar se pa daarteen kapsie gemaak. Aiken Zondo het gesê dat dit sout in die wonde van agtergeblewenes sal vryf. Daar is van hulle wat steeds in dieselfde straat woon. Ten spyte van vele heftige besware is die straat na die moordenaar vernoem. Die skool se naam moet verander word omdat dit ‘aanstoot’ gee.

Manie Strydom ·

Net soos die kerkstaat bom ,hoveel mense is dood en die een wat die opdrag gegee het word vandag verafgod deur die einste mense wat hulle geteiken het.

Cherokee ·

Nou wel, my vraag is waarom die ‘slap gewriggies’ soos Ciska hulle noem, nie hierdie as teenwig (soos frikkie dit op sy beurt graag sou wou noem) gebruik as skaakmat nie. Terloops Ciska, wat beskrywing van slapgeit betref, mik jy veels te hoog by die ‘gewriggies’. Want, hulle weet niks van skaak of politiek nie maar is bloot soos die vodde langs die pad wat gewaai word waar die wind wil.

Vermeendes ·

Ek wil graag die volgende naam voorstel,

VOLKSMOORD HOËRSKOOL

Die naam het geen navorsing nodig nie en is eie aan SA se onmidelike geskiedenis, die naam weerspieël ook die met reg meerderheid politiek in SA heens ons minderheid groep.
Aangesien die moetswillige vernietiging van n kultuur teenoor ander ook deel maak van volksmoord is hierdie n gepaste naam.

Mare ·

Noem dit volksmoord high dit sal pas by die hededaagse beleid van die rasistiese regime regering

Jannie van Vuuren ·

Mooi so! Toegee, oorgee, gatkruip!!! Gee alles prys uit vrees vir die verwoester…”vrede”…”vrede”….ongeag die prys!!!

Dorothea ·

Dis jammer dat my eie Skool se Naam moet verander waar my Voetspore is.
Verander die Skool se Naam na:
NAAS BOTHA !!!!!!!

Conrad ·

Waar dien hulle die gemeenskap 90 % van die kinders in daardie skool bly nie eers in die skool se area nie en word per taxi of trein aangery soontoe

Lerato ·

Verwoerd het enorme skade aan die land aangerig. Dit is baie goed dat hulle die naam veramder

Susan ·

En Malema,zuma en die guptas nie eers gepraat van die anc vir wie het dit beter geword die 1% wat by beee gebaat het soos ramaposa wat vir homself n 30 miljoen rand huis bou al besit hy twee plase waarop hy kan bly maar honderde mense slaap op stoepe in die dorp omrede hulle nie kan bekostig om huis toe te gaan nie nee verwoerd se enigste probleem was hy het apartheid n naam gegee daar is geen verskil tussen apartheid en BEEE nie altwee diskrimineer teen mense oor hulle velkleur.

Sarie ·

Is die skade wat hy aangerig het groter as die van Zuma.
Miskien moet jy die boek Verwoerd aan die woord lees om te verstaan hoe hy gedink het Hy was 6jaar eerste minister en ons ekonomiese groep was nog nooit weer so hoog soos in sy tyd nie Werkloosheid vir swart en wit was baie laag

Cherokee ·

Ag nee Susan & Sarie, ek het julle nie teen aandagtrekkers gewaarsku nie maar toe julle sien almal ignoreer hom, moes julle weet!

m.d.r. ·

Lerato,, vertel asseblief vir ons van watter skade praat jy….? …..dis nou te se as MM se modireerders hierdie kommentaar sal plaas……!

Andile ·

Wat van “Pienk Frikkie” as naam. Dis tog sy nalatenskap.

Hanna ·

Liewe hemel! Daar is skole wat steeds puttoilette het maar daar word n bohaai oor n naam opgeskop? Net laasweek het n kind in so n toilet geval en is oorlede. Wat is verkeerd met hierdie prentjie… Lesufi moet sy prioriteite regkry!

Alida ·

Gebruik die geld en raak ontslae van walglike stinkende puttoilette waarin kinders val.

Marthinus Willemse ·

As julle die geskiedenis bestudeer, sal julle vind dat naamsverandering so oud soos die mens is. Elke nuwe regime wil dinge benoem soos wat dit hulle pas. Robert’s Heights in Pretoria is na ons Boere se oorname verander na Voortrekkerhoogte, en is weer verander nadat die ANC oorgeneem het. Kitchenerlaan in Kensington, Jhb, heet nou Albertina Sisululaan. Sir Lowry’s Pass was eers Gantouw; die Nederlandse Paardekop is verafrikaans na Perdekop; die plaas Cascades is ontwikkel tot Nelspruit; Nieuw Amsterdam is nou New York, Formosa nou Taiwan, Cecil John Rhodes se lappie grond heet nou Zimbabwe…

Ek het onder prof Johan Janse van Rensburg gekatkiseer. Hy skryf (Nie deur geweld…, 1985, bl 61) “Dit kan nie ontken word dat verandering en vernuwing `n Bybelse begrip is en dat die beginsel van vernuwing en lewensverandering `n wesenlike deel van die Christelike geloof is nie. Ons moet daarom toegee dat dit onverantwoordelik is om doelbewus of onbewustelik van die standpunt uit te gaan dat alles wat is, rég is. Ook in die samelewing moet die beginsel geld dat die bestaande orde nie noodwendig die enigste en beste oplossing is nie. Dit sou onverskoonbaar simplisties wees om te meen dat die gekompliseerde wêreldprobleme met `n een-dimensionele denkwyse opgelos kan word.”

Dus: tye verander, vernuwe julself met nuwe idees en name en denke. Dink bietjie aan die toekoms, nie net die verlede nie.

Lolla ·

Jys reg Marthinus, alhoewel jy veralgemeen. In hierdie geval is dit verandering met n knyp in die donker… Beslis nie omdat almal in ag geneem is nie. Die intensies is van giftigge afkoms.

Oom Kalahari ·

@Lerato, jy ken nie eers die geskiedenis van Dr H. F. Verwoerd nie. Ons neem ook aanstoot met alles na 1994 in misdaad land. Noem wat jul wil die plekke as dit jul ou hartjies so gelukkig maak. Ek stem ook vir “Hoerskool Volksmoord”, maar laat ons sien watter krimineel se naam gaan nou aan hierdie eerbare Skool gekoppel word. Sien hier sluip ‘n paar geel slange rond.

Attie ·

Goeie idee dat naam verander word HF Verwoerd sou skaam kry om te sien hoe slap ons volk geword het.Ons geskiedenis is besig om te verdwyn.Iets wat ons voorvaders nooit sou laat gebeur het nie.Hulle was nie bang vir getalle nie was altyd die minderheid en het altyd bo uit gekom.Oor 20 jaar gaan ons kinders en klein kinders ons voorvaders oordeel want geskiedenis word geskryf deur die wat regeer.HF Verwoerd gaan vir hulle gesien word as n lafaard want dis wat hulle leer.

Lerato ·

Aai Oom Kalahari
Ons kan mos van verskilende kante na n ding kyk en verskillende dinge sien. As ek aan die suidekant van die huis staan en jy staan aan die noorde kant, sien ons twee mos verskillende prentjies.
Vraag. Wat het Verwoerd gedoen?
Hy het met paswette, instromingsbeheer, werksreservering, gedwonge verskuiwing en onteiening gekleurdes en veral swart mense inderdruk.
Wat was die gevolg?
Alles is vir die wittes gegee. Niks vir die swartes. Hieruit het die haat vir die witman gegroei. Ek koppel die plaasmoorde direk aan Verwoerd se beleid

rollie ·

Stem saam Lerato en Essa. Dis hierdie Apartheids-simpatiseerders wat wit Afrikaners so ‘n slegte naam gee. Ek skaam my vir die klomp.

Wim Kotze ·

Lerato, Verwoerd was van 1958 tot 1966 aan bewind. Jy is 100 jaar laat om al daardie wette voor sy deur te lê .

DHK ·

Dis duidelik dat nie almal wat op hierdie forum kommentaar lewer, Afrikaners is nie. Enige iemand wat dink dat hierdie huidige toestand van anargie en goddeloosheid wat ons land beetgepak het sedert die afskaffing van Apartheid en wil glo dis nou beter as voorheen, is geheel en al die kluts kwyt. Ons het ‘n parlement wat met voorvadergeesaanbidding geopen word, ‘n land wat baie vinnig ‘n rioolhoop word en reeds die misdaadmekka van die wêreld is. Ek vir een besoedel my nie met diesulkes deur my rug op my eie volk te keer nie. Afrikaners moet besluit of hulle gehoorsaam wil wees aan die lewende God of eerder die vyande van hul eie volk se hande wil sterk.

madels ·

Baie bly dat hulle die naam gaan verander. Verwoerd het GROOT SKADE aan ons land kom doen deur sy opperse haat teenoor die swartes! Weg met daai naam!

CHRISTA ·

Los hulle Lerato, laat hulle al die belastinggeld wat hulle op rioolstelsels in die skole kon spandeer op naamsveranderings spandeer. Bly net doodstil en moet nie kla indien ‘n kind weer in ‘n puttoilet verdrink of onder ‘n boom moet sit en leer omdat daar nie genoeg klaskamers is nie!

Essa ·

Lerato, is ons op die verkeerde planeet? Ek ween oor hierdie verkrampte mentaliteit. Maar dan besef ek net weer hierdie is ‘n konsentrasie van ‘n sekere groep mense. Dis jammer, want Maroela Nuus is vir my die beste nuus beriggewing beskikbaar, maar die mentaliteit van hulle volgelinge kry my onder. Vas ge-sement in die geskiedenis, in hulle eie gemaksone. Neerhalend, onverdraagsaam, rigied, onlogies, donker uitkyk op die lewe. Bang vir vernuwing. Pateties. Hierdie Afrikaner benepe patriote is ons Afrikaners se grootste vyand. Asseblief, verandering en aanpassing kos moed en dapperheid. Wees ‘n bietjie dapper, dapper stryders.

DHK ·

Essa, “verkrampte mentaliteit?”; “mentaliteit van hul volgelinge?”; “bang vir vernuwing?”; “benepe patriote?”. Jou beledigings en sarkasme gee geweldig aanstoot. As vernuwing die vernietiging van my volk meebring is ek natuurlik bang daarvoor. As verkrampte mentaliteit weerstand teen die immoraliteit en goddeloosheid van die huidige Suid-Afrika beteken dan ja, dan is ek absoluut hiper-verkramp en ‘n benepe patriot. As verandering en aanpassing beteken dat die Afrikaners se eens Christelike volksaard verwerp moet word, ons op ons eie volksgeskiedenis moet neersien en spuug, hierdie warboel van ‘n orde- en wettelose potpourri van integrasie klakkeloos moet omarm, dan is ek ‘n dapper stryder wat dapper weerstand daarteen bied. Die maklike en ruggraatlose uitweg is om in hierdie chaotiese stroom van goddeloosheid afgrond toe te spoed en dáárvoor het ek te veel ruggraat…

Oom Kalahari ·

@Lerato, dit is goed dat mense van verskillende perspektiewe na dinge kyk. Ons is seker maar ‘n ou paar verkramptes op ‘n ander planeet van die jare 40’s en 50’s, maar weens wereldwye sanksies het ons ‘n beter land gehad sonder hierdie misdaad land wat ons tans in woon. Ek dra groot haat in my na die moord op my Ma en broer. ‘n mengelmoes wil ek nie wees nie en Verwoerd het vir ons wondere gedoen wit, bruin of swart. Selfbeskikking is waarnadie meeste van ons ou flopseuitsien as hierdie terroriste slagpale, maar elkeen maak sy keuse. My taal, godsdiens, geskiedenis, vlag, standbeelde, menswees, vryheid van spraak ens word ontneem om langs die duiwel aan tafel te sit. “Nee Dankie” my planeet reis is eenvoudig met my Vader en die Robben Eiland Ikone wat aangehang word nie.

Lerato ·

Oom Kalahari
‘n Britse toeris het ‘n klompie jare gelede dit vir my mooi opgesom.
” When I passed several white suburbs and several native locations, I then understood Apartheid”

pieter ·

N GERESPEKTEERDE LEIER SOOS MNR VERWOERD SAL VERKIES AS SY NAAM UIT DIE NUWE RSA SE BOEKE VERWYDER WORD. ONDER SY LEIERSKAP WAS ONS BETER GEWOOND.

anton ·

As ek so na die liberals se kommentaar kyk oor die berig, kan ek maar net my kop skud.
My grootste wens sou wees om hulle almal alleen hier agter te kon laat saam die kommuniste en seker kon maak dat as die wiel draai en hulle ogies gaan oop, hulle nerens heen kan gaan nie!!!
Die voordeel van die plekke wat hulle se name so verander is dat dit gewoontelik uitmekaar val en dit dan van pas is by die nuwe naam, eerder as by die vorige naam.
Kyk maar alles met die nuwe name het in n gemors verval. Hulle kan maar S.A se naam ook verander!!!

Lerato ·

Wim Kotze
Natuurlik is jy reg. Dit was nie slegs Verwoerd wat onderdrukkende wetgewing deur gevoer het nie. Die grootste onreg het gekom met die 1913 landwet, toe swart boere hulle grond deur wetgewing verloor het.
Verwoerd het ook swartes wat in Garsfontein van hulle huise beroof. Hulle is toe na Mamelodi verskuif na 4 vertrek huisies. Verwoerd het hulle beletom aan die huise aan te bou. Hulle moes volgens hom gedwing word om tuisland toe te vertrek.
AS JY TWYFEL OOR WAT EK SÊ, KAN JY GERUS DR. NICCO SMITH SE BOEK
“,Die dood van die God van ons vaders” lees

DHK ·

Lerato, as die linkse Dr Nico Smith se twyfelagtige boek vir jou die barometer van ons geskiedenis is dan is jy voorwaar bejammeringswaardig. Wend jou eerder na die Bybel met ‘n opregte en soekende hart en jy sal dáárin die waarheid ontdek oor Apartheid en waarskynlik die geskiedenis dan op die regte wyse vertolk. En voor die liberale onverdraagsames se klippe opgetel word – ek behoort nie aan die Isreal-visie beweging nie.

DHK ·

Maroela, is slegs beledigings aan Afrikaners aanvaarbaar om geplaas te word? Lerato, Rollie en Essa is goeie voorbeelde. Nie vir die eerste keer nie word my kommentaar eenvoudig geblok bloot oor ek die waarheid praat.

Gerrit ·

Ek stem 100% saam met Lerato apartheid soos dit was was baie verkeerd en daar moet geleer word uit foute, dit help nie daar word nou gediskrimineer teen die wit mense met alerhande diskriminerende wette nie ,oor 50 jaar vat die chinese oor dan diskrimineer hulle weer teen swart .Ek se bou 50 nuwe skole en noem dit net wat julle wil maar hoekom die bestaande skole kaap en dit vernietig.?

Oom Kalahari ·

@DHK, Dankie jy het genoeg genoem om die ou aangeleentheid reg op te som. Die ou Britse toeris was na die beste dele geneem is en na die swakste dele van swart mense was ‘n menigte jare van strategie en leuens deur die linkse liberale (Tweekop geelslange). As jy jou plek opknap en netjies hou en ander wil in ashoop omstandighede leef omdat hy nie geld wil spandeer om ook beter te leef maar die Shebeen verkies, 5vroue en 20kinders het is daar ‘n ander persepsie wat nie by my gekweek kan word nie. Meeste word welsyn en Staats verantwoordelikhede en die klein belasting betaler gemeenskap moet net uithaal deur skuldigmakings van verlede. Swak teorie.

Oom Kalahari ·

Ja stem asb om ‘n eerbare man soos Dr H.F. Verwoerd se naam liewer te verwyder want sy legasie en geskiedenis leef in baie harte voort. ‘N geskiedenis van ‘n eerbare Volksman en nie misdadiger nie.

E.K. die eerste ·

Mense moenie mekaar persoonlik aanvat nie – dit bring niemand nêrens. MAAR ek sê ng altyd MOENIE ooit mense vernoem – een of ander tyd maak so een droog of ‘n ander regering kom aanbewind en dit bring net onnodige hartseer as naamsveranderinge watter kant toe ookal plaasvind. Ons het die mooiste en interessantste plante-, diere-, visse-, insekte-, blomname ens ens wat eerder kan gebruik word. Hoekom MOET ‘n mens alewig vernoem word – niemand is/was ‘n engel nie en ja…verandering van regering bring naamsverandering mee – goed of sleg en iemand voel goor. Die een se held is ‘n ander se onderdrukker – hang af watter kant van die regering jy is.

GM ·

Dis nou al hoeveel jaar na apartheid. Intussen het niemand daaraan gedink om minder kinders te baar nie. Elkeen wil ‘n huis verniet hê, elkeen wil water en krag hê. Elkeen wil ‘n klomp geld hê. Hoeveel wil hard werk daarvoor? Dis net ‘die witman het dit gedoen, die witman het dat gedoen’. Wat het die huidige regering gedoen om die land te verbeter? Ons kinders is nie eers meer veilig by hul ouerhuise nie – wit, swart, bruin… Moordenaars loop vry rond, en ons bly in tronke. Hou op om apartheid te blameer vir als en bou saam aan ‘n toekoms vir almal se nageslagte. Jy kan nie onskuldige mense se goed kom vat net oor ander jou te na gekom het in die verlede nie. En ironies genoeg, ek het al BAIE ou swartmense hoor sê dat hulle en hul kinders beter af was gedurende apartheid. As almal net wil saamwerk om oplossings te vind, kan dit ‘n ‘awesome’ land wees, maar die politici sal rassehaat brandend hou vir eie gewin.

M ·

My ou skool was Hoërskool JG Strijdom in Suidheuwels, JHB. Dit is ‘n hele paar jaar terug verander na Diversity High. Ons ou skoolwapen was ‘n man wat ‘n wawiel stoot (skouer aan die wiel sit) en die leuse was “Met Volharding”. Ons ou skoollied was ook opbouend en inspirerend, glad nie rassisties of aanstootlik nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.