Naas Botha dán terug op die kassie

Naas Botha. Foto: Wim van der Berg

SuperSport het bevestig dat Naas Botha Saterdag weer op sy pos sal wees as rugby-ontleder.

Clinton van der Berg, woordvoerder van SuperSport, het ook aan Maroela Media bevestig dat Nick Mallett nie op die naweek se skedule is nie “maar oor ʼn week of twee terugverwag word”. Hy kon egter geen inligting verskaf oor wanneer Ashwin Willemse weer in die ateljee sal wees nie. Hy het wel bevestig die kwessie rondom Willemse is “nog nie opgelos nie”.

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het intussen op Facebook ʼn foto van Willemse gedeel en gesê hy het Donderdag sy meestersgraad in entrepreneurskapsbestuur en die skepping van nuwe sakegeleenthede verwerf. Hy het die graad met lof geslaag.

“Onderwys is die pad na waarheen jou hart begeer, waarheen jou moed jou sal neem. Dit is die pad na ware bevryding. Ons menswaardigheid is ingebed in onderwys omdat ons deur middel van onderwys onsself leer ken. Sodra jy jouself ken, kan jy die wêreld jou outentieke self gee,” het Willemse by die geleentheid gesê.

Willemse se vrou, Michelle, het Donderdag saam met hom sy gradeplegtigheid bygewoon nadat sy self Dinsdag ʼn graad in filosofie verwerf het.

Willemse en sy vrou Michelle. Foto: Wits/Facebook

Willemse het verlede maand bekend gemaak dat hy die gelykheidshof gaan nader na aanleiding van die voorval op 19 Mei toe hy tydens ʼn regstreekse uitsending uit die ateljee gestap het.

SuperSport het ná onderhoude met Willemse, Mallett en Botha besluit om ’n hersiening te doen en ’n verslag te laat opstel oor die voorval. Die drie ontleders is toe ook van die lug gehaal.

Die verslag wat deur adv. Vincent Maleka SC saamgestel is, het bevind daar was geen rassistiese optrede deur Botha en Mallett nie. Willemse het besluit om nie deel te wees van die ondersoek nie.

SuperSport is ook verlede maand van beweerde rassisme, intimidasie, viktimisering en inkomsteongelykheid beskuldig deur vier aanbieders. Die brief, wat deur MVMT Prokureurs aan SuperSport gerig is, is glo namens Owen Nkumane, Xola Ntshinga, Kaunda Ntunja en Gcobani Bobo geskryf.

Nick Mallett. (Foto: Skermskoot/SuperSport)

In die brief word onder meer beweer dat wit werknemers meer betaal word as hul swart eweknieë en dat swart werknemers deurloop onder beledigende taal en openlike vernedering by die uitsaaier.

SuperSport het toe egter in ʼn verklaring gesê die kwessies is “vriendskaplik opgelos”. “Al die kommentators en aanbieders bevestig dat rassisme geensins ʼn rol gespeel het ten opsigte van enige kwessies wat geopper en opgelos is nie.”

Nkumane het namens die ontleders en aanbieders gesê hulle is tevrede met die manier waarop die saak deur SuperSport hanteer is. “Ons het ons doelwitte bereik om saam ʼn gunstige werksomgewing by SuperSport te skep.”

SuperSport het gesê al die betrokke partye is daartoe verbind om voortdurend ʼn harmonieuse werksomgewing te handhaaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johannes van Rooyen ·

Daar is ñ verskil tussen geleerdheid en commensence lyk dit vir my tot waar moet ñ mens dan geleerd wees om bo jou verlede uit te styg ??

tamboti ·

Mense is geneig om ander te beskuldig van dinge en dade wat hulle self doen, dan kan hul mos los kom van hul eie misdade!

Nic Graaff ·

Wat vir n graad is dit. Baie mense is entrepeneurs omrede hulle nie vir die wereld kan sit en wag nie maar eerder hul hande uitsteek en iets doen. Dit bestuur hy /sy ook self vir baie jare met groot sukses . Sulke mense moet die graad gratis ontvang

Santie ·

Ek hoop die 3 sportmanne kan die strydbyl begrawe en rustig voortgaan met die program wat ons almal geniet het. Hulle kan regtig ‘n ware voorbeeld wees vir alle Suid Afrikaners van hoe om die strydbyl te begrawe en nie oor en oor die negatiewe te bedink “dwell” nie.

Johan ·

Baie geluk aan Ashwin met n besondere prestasie om cum laude te slaag. Dit vra om gedoen te wees! Dit is ook my wens dat die ongelukkige episode in die verlede geskuif moet word. Die drie manne was n puik span….

Sandra ·

Hou op om snedige aanmerkings te maak. Dit help ons land geensins. Maak alles net erger.

Kobus ·

Die snedigheid is ontllok deur AW se onvolwasse gedrag en die feit dat hy ń rassistiese kwessie daarvan probeer maak. Hy besef dat hy ń gek van homself gemaak het en poog nou om sy naam te red deur met die gelykheidshof te dreig. Ek twyfel of daar iets van sal kom want hy weet die waarheid sal daar ook uitkom.
Ondanks sy prestasies en die Graad (wat merkwaardig is en harde werk verg), sal Ashwin vir altyd onthou word vir sy jammerlike optrede.

L ·

Nee Sandra, dit doen hulle perfectly hulself. Ons reageer net deur hulle met hulle eie leuens reg te help. N mens word betaal vir jou kennis, ervaring en vaardighede. Duidelik het Naas en Nick dit alles en is toevallig wit, en aangestel vir juis wat hulle het om te bied, nie vir vel kleur nie. So het ou AW alle rugby aanhangers bitter telleur gestel. Sy “kwota” se vraestelle mag mos nie “streng” gemerk word nie, gn wonder hyt geslaag nie!

Hannelie ·

Ag tog moet ons nou vir Willemse ‘n medalje gee oor hy nou geleerdheid gekry het? Geleerdheid koop nie volwassenheid of karakter nie. Jy as persoon maak of breek jou karakter af. En dit is ongelukkig iets wat almal vir die res van hulle lewe sal onthou. So Willemse almal sal onthou die aand toe jy jou toys uit die kot gegooi het.

Christeleen ·

Kan ons nie nou maar hierdie onderwerp begrawe nie. Is dit regtig nodig om mense so te teer en veer. Al hou ek nie van hom nie, moet ek erkenning gee aan dit at hy bereik het en die moed en sterke van oortuiging wat hy openbaar. Kom ons soek iets nuuts om oor gal te braak, soos die petrolprys, kospryse, SASSA uitbetalings of enige geldige kopseer.

Callie ·

Bring ou Willemse terug op Superugby by Kobus. Sal jou waarborg kykergetalle sal hoog styg, met baie oproepe. Ek sal ook graag n oproepie wil maak. Hou dit n twee uur program met soveel moontlike oproepe asb ou Kobus

Geurt ·

Die artikel gaan tog oor wanneer die drie menere weer gaan kommentaar en ontledings doen. Sal graag wil weet waarom die inligting oor graad enigsins bydra tot die saak?

L ·

Omdat Geurt, dieselfde artikel ook die graad in dieselfde asempie deel…. En ons doen wat ons hier doen, lewer kommentaar….

Koos ·

Foeitog. Seker ‘n graad in ekonomiese bemagtiging. Gelukkig hoef ek nie langer na sy flou bydrae te luister op DStv nie. Nie oor sy tantrum nie, maar omdat ek my geld elders bestee.

elizna ·

Hoeveel grade moet jy vooraf verwerf alvorens jy op die meester kan aanspraak maak. Kan iemand dalk lig werp op watter graad hy aanspraak maak en waarin sy honneurs?

Cobus ·

Goeie nuus om Naas weer op die kassie te hê. Baie jammer oor die ongerief wat geskep is

Diklizzy ·

:n Graad waarborg nie ervaring of toewyding aan jou werk nie. Geluk met jou graad maar hoe toegewyd en ervare is jy in die pos wat jy tans beklee?

Hanna Hoekom ·

Dalk moet ou Ash bietjie rug-graat (d) kry… Hoop ons sien sy gevreet nooit weer op die kassie nie!

hendrik ·

Terwyl hy al wat leef en beef beskuldig van rassisme staan hy langs n skarlakenwit skoonheid met sy gradeplegtigheid.

Gemaskerde Sopbeen ·

As jy R64,1 miljoen by Goldfields gekry het, staan die skoonhede tou my ou….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.