Nadine Gordimer oorlede

Nadine Gordimer

Nadine Gordimer

Die Nobelpryswenner Nadine Gordimer is in die ouderdom van 90 oorlede.

Gordimer het in 1991 die Nobelprys vir literatuur gewen. Sy was die eerste Suid-Afrikaner en eerste vrou in 25 jaar om die prys te wen.

Gordimer sê familie het in ‘n verklaring bevestig dat sy Sondag in haar slaap by haar huis in Johannesburg heengegaan het.

“Haar seun, Hugo, en dogter, Oriane, en haar versorgers was by haar. Sy was 90 jaar oud en sal liefdevol onthou word deur haar familie, vriende en literêre kollegas.”

Volgens die verklaring het Gordimer 15 romans en talle ander werke in haar leeftyd geskryf. Haar boeke is in 40 tale regoor die wêreld gepubliseer.

“Sy was baie besorgd oor Suid-Afrika, sy kultuur, sy mense, en die land se voortdurende stryd om sy nuwe demokrasie te verwesenlik.

Haar trotste dae was nie net toe sy die Nobelprys vir letterkunde in 1991 gewen het nie, maar ook toe sy by die Delmas-verhoor in 1986 getuig het en sodoende bygedra het om die lewens van 22 ANC-lede, wat almal van verraad beskuldig is, se lewens te spaar,” lees die verklaring.

Gordimer is op 20 November 1923 in Springs gebore. Volgens Nobelprize.org het Gordimer op ‘n baie vroeë ouderdom begin skryf en was sy 15 jaar oud toe haar eerste artikel gepubliseer is.

Sy is in 1949 met Gerald Gavron, ‘n tandarts getroud. Die huwelik het drie jaar gehou en Gordimer is in 1954 met Reinhold Cassirer getroud. Daar is twee kinders uit die huwelik gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trippie ·

Ek sal liewers niks sê nie – omdat ek niks goeds kan sê van die vrou nie.

Elizabeth ·

@Trippie – voel ook so. Ek vloek nooit en sien ander mense regtig lelike goed sê – selfs rassisties maar ou matie hulle hou my “skryfsels” fyn dop. Lyk my nie hier is regtig vryheid van spraak nie. Nadine Gordimer was ‘n groot gees – ‘n groot r verlies vir mense wat mal is oor lees en GOEIE boeke. Ek herlees gereeld weer haar “My son’s story”

Trippie ·

Elizabeth, gepraat van dophou, selfde dié kant.

Dankie vir jou briefie – gaande oor jou skryfstyl.

Elizabeth ·

@Trippie – ek waag groot. Laat weet wat jy dink van my kommentaar oor die genadedood. Sal sien of hierdie deurgaan!

Elfie ·

Everyone is entitled to his/her own opinion of a person. Personally I enjoyed her books and think she was a great writer. Others may disagree – their choice. We do not all have to agree on whom we like/dislike.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.