Nadoodse ondersoek afgehandel ná kind by skoolkoshuis verdrink

Argieffoto

Die nadoodse ondersoek is voltooi ná die verdrinking van Keamogetswe Seboko, ʼn graad 7-leerder aan die Laerskool Bekker.

Keamogetswe het op 15 Januarie vanjaar in die koshuis se swembad verdrink.

“Die polisie-ondersoek na die voorval is egter nog aan die gang. Sodra die ondersoek voltooi is, sal die dossier aan die Openbare Vervolger oorhandig word,” het Willie Dry, voorsitter van die skoolbeheerliggaam, in ʼn verklaring gesê. “Die skool het onmiddellik opgetree deur die polisie, nooddienste en die Gauteng-onderwysdepartement van die voorval in te lig.”

Omdat die ondersoek nog aan die gang is, kan geen verdere inligting bekend gemaak word nie. “Bespiegeling, veral op sosiale media, dien geen doel nie en dra bloot by tot Keamogetswe se familie en die skoolgemeenskap se trauma,” het Dry gesê.

Die skoolbeheerliggaam het hom daartoe verbind om sy volle samewerking te gee met enige ondersoek. “Ons wil ook weer ons innige simpatie uitspreek teenoor die seun se ouers, familie en vriende.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Miskruier ·

Gooi die swembad toe, daar is nog baie wat nie kan swem oppad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.