Nagenoeg 500 staatsamptenare geskors

Argieffoto

Argieffoto

Nagenoeg 500 sake van staatsdiensamptenare wat oor dissiplinêre redes geskors is, is op die regering se nuwe gesentraliseerde databasis aangeteken.

“Dit is die totale aantal uitstaande sake wat van die land se 156 nasionale en provinsiale departemente aan die databasis gestuur is,” het Collins Chabane, minister van die staatsdiens en administrasie, Sondag aan verslaggewers in Pretoria gesê.

Hy meen dit kan moontlik net ʼn “breukdeel” van die uiteindelike totaal wees.

“Ek het probeer om syfers te vermy wat moontlik net ʼn gedeelte of breukdeel voorstel van dit wat dit veronderstel is om te wees, maar tans in ons databasis is daar tussen 473 en 480 sake aangeteken,” het Chabane gesê.

Die sake hou verband met werknemers wat met of sonder betaling geskors is. ʼn Gedetailleerde afbreuk van die sake is nog nie gedoen nie.

Chabane het dit benadruk dat die databasis nog gebou word en die inligting steeds van die departemente ingestuur word.

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het vroeër daarop gewys dat die kabinet onlangs die skep van ʼn poel arbeidsmakelaars en regskenners goedgekeur het. Dié kenners sal die “agterstand van sake wat met voorlopige skorsings verband hou”, hanteer.

Chabane sê die uitstaande sake sal “so gou as moontlik” afgehandel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MartinLJ ·

Mooi man! Sit vir maande by die huis, word betaal en as jy gelukkig is vergeet hulle van jou.

MartinLJ ·

Mooi man! Sit vir maande by die huis, word betaal en as jy gelukkig is vergeet hulle van jou.

Andries ·

Belastingbetalers gaan weer hart betaal vir mense wat niks doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.