Nagenoeg 700 vas in Noordwes

jail_bars‘n Totaal van 696 mense is die afgelope sewe dae op verskeie aanklagte, waaronder moord, in Noordwes in hegtenis geneem.

Kol. Emelda Setlhako, woordvoerder van die polisie, sê agt mense is vir moord in hegtenis geneem, 116 vir aanranding, 14 vir verkragting, 31 vir dronkbestuur en 63 mense is op dwelmverwante-aanklagte in hegtenis geneem.

Setlhako sê die polisie het ook op dwelms, onwettige sigarette, wapens en verskeie elektriese toestelle beslag gelê. Sy sê meeste van die verdagtes het reeds die afgelope week in verskillende howe in die provinsie verskyn terwyl die res Maandag sal verskyn.

Setlhako sê ‘n 18-jarige man is vroeg Sondagoggend in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n 28-jarige man. Die oorledene se liggaam is voor sy huis in Danville in Mahikeng gevind.

Setlhako sê die twee mans het glo ‘n uitval gehad waarna die verdagte die oorledene met ‘n skerp voorwerp in die bors gesteek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.