‘n Totaal van 696 mense is die afgelope sewe dae op verskeie aanklagte, waaronder moord, in Noordwes in hegtenis geneem.
Kol. Emelda Setlhako, woordvoerder van die polisie, sê agt mense is vir moord in hegtenis geneem, 116 vir aanranding, 14 vir verkragting, 31 vir dronkbestuur en 63 mense is op dwelmverwante-aanklagte in hegtenis geneem.
Setlhako sê die polisie het ook op dwelms, onwettige sigarette, wapens en verskeie elektriese toestelle beslag gelê. Sy sê meeste van die verdagtes het reeds die afgelope week in verskillende howe in die provinsie verskyn terwyl die res Maandag sal verskyn.
Setlhako sê ‘n 18-jarige man is vroeg Sondagoggend in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n 28-jarige man. Die oorledene se liggaam is voor sy huis in Danville in Mahikeng gevind.
Setlhako sê die twee mans het glo ‘n uitval gehad waarna die verdagte die oorledene met ‘n skerp voorwerp in die bors gesteek het.
Welgedaan aan almal wat so hard gewerk het om hulle vas tevang. dit is baie mooi.