Nagenoeg R50 m. aan geskorste staatsamptenare betaal

Argieffoto

Argieffoto

Nagenoeg R50 miljoen is reeds aan sowat 400 staatsamptenare betaal wat tans op betaalde skorsing is, het City Press Sondag berig.

Volgens die departement van staatsdiens en administrasie het 238 werknemers van nasionale departemente reeds sowat R27 miljoen in terme van salarisse en voordele ontvang nadat hulle geskors is.

Nagenoeg R20 miljoen is aan 163 werknemers van provinsiale departemente uitbetaal. Die mees algemene rede vir die skorsings is wangedrag, insluitend aanranding, oneerlikheid, korrupsie en bedrog.

‘n Aantal dissiplinêre verhore word dikwels vir jare uitgestel weens verskeie redes soos die onbeskikbaarheid van partye, mediese redes en die onwilligheid van amptenare om deel te neem.

Brent Simons, woordvoerder van die departement van staatsdiens en administrasie, sê die minister wil die proses rakende skorsing bespoedig of wysig.

“Indien iemand geskors word en steeds hulle volle salaris ontvang, moet die skorsing binne 30 dae hersien word,” het Simons aan die koerant gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

bitterbekkie ·

En hoekom stel forensiese maatskappy nie ondersoek instel nie? En die ondersoeke wat reeds gedoen is word nooit oor terugvoering gegee nie!

bitterbekkie ·

En wat van die honderde “siek” amptenare wat jare by die huis le en salarisse, bonusse en verhogings ontvang?? Word die geld ooit van hulle pensioene afgetrek AS hul die dag “geboard” word. Kyk veral na decas in die wes-kaap….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.