Nagenoeg R50 m op presidensiële mediese eenheid spandeer

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma

‘n Totaal van R48,5 miljoen is sedert 2009 op die presidensiële mediese eenheid (PME) spandeer, het die DA Sondag gesê.

David Maynier, woordvoerder van die DA, sê Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het dit bekend gemaak in antwoord op ʼn parlementêre vraag. Die PME, wat deur die Suid-Afrikaanse millitêre gesondheidsdienste bedryf word, is verantwoordelik vir die gesondheid en welstand van die president, sy adjunk, voormalige presidente, voormalige adjunkpresidente en staatshoofde wat die land besoek.

“Die presidensiële mediese eenheid blyk om onbeperkte hulpbronne te hê. Dit word beman deur 56 mediese personeel, het toegang tot ʼn gemiddeld van 67 voertuie en het ʼn gemiddelde jaarlikse begroting van R9,7 miljoen,” sê Maynier. Hy sê intussen is daar ʼn gebrek aan personeel by 1 Militêre Hospitaal, wat verantwoordelik is vir die mediese behandeling van die land se weermagslede.

Maynier sê dit is moontlik dat die PME ook verantwoordelik is om die multi-miljoenrandse kliniek wat by president Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla gebou is, te bedryf. “Ek sal om die rede aan Mapisa-Nqakula skyf en haar versoek om ʼn volledige hersiening te doen van die hulpbronne wat aan die presidensiële mediese eenheid beskikbaar is, met die doel om die aantal personeel in lyn te bring en besparings te identifiseer gegewe die swak toestand van die Suid-Afrikaanse militêre gesondheidsdienste,” sê Maynier.

Mapisa-Nqakula het ook bekend gemaak dat die bedryfskoste vir die PME in 2013/14 reeds R11,5 miljoen beloop. Volgens Mapisa-Nqakula werk daar tans 76 personeel by die eenheid waarvan 70 mediese personeel is. Daar is tans 82 voertuie aan die eenheid toegeken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

m vd westhuizen ·

Ek dink ons wil nie meer weet nie. Dit is om van naar te word. As dit enigsens iets aan sy saligheid kon doen!!!!! Hy loop sy eie mense in. Wat nog meer????

E Schoeman ·

Zuma is op alle gebiede skelm. Wat le ons nog te wagte oor dinge wat ons nie van kennis dra nie wat hy met sy rondpevlieery in ander lande gedoen het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.