‘Nagmerrie op nagmerrie’ in staatshospitaal

Roelof Riese (Foto: Verskaf)

’n Man van Vereeniging se familie sê hy is slegter af nadat hy ʼn operasie in ʼn staatshospitaal ondergaan het, as wat hy was ná die motorfietsongeluk wat die operasie in die eerste plek genoodsaak het.

Roelof Riese (36) het in September sy bekken gebreek en inwendige bloeding opgedoen toe hy agter in ’n motor vasgery het. Die ongeluk het in Brockett-straat in Meyerton plaasgevind.

Die bestuurder van die motor het Riese vermoedelik nie in die truspieëltjies opgemerk nie en sonder enige aanduiding langs die pad afgedraai.

Riese se onderlyf het met die slag die petroltenk van sy motorfiets getref. Sy werklike lyding het egter eers begin toe hy in die Kopanong‑ provinsiale hospitaal en daarna die Sebokeng-hospitaal in die omgewing van Vereeniging opgeneem is.

“Dit is sedertdien nagmerrie op nagmerrie,” vertel Nonna-Mari Riese aan Maroela Media nadat haar broer al langer as 50 dae lank aan ’n hospitaalbed in Sebokeng gekluister is.

Nonna-Mari vertel dat Roelof aanvanklik ná die ongeluk ure lank sonder enige pynmedikasie by Kopanong gelê het, terwyl hospitaalpersoneel geredekawel het of hy hier of eerder na Sebokeng geneem moes word.

Dit terwyl hy van die pyn gekrul het.

Roelof Riese in die hospitaal.(Foto: Verskaf)

Roelof is eindelik na Sebokeng-hospitaal oorgeplaas, waar hy ’n noodoperasie aan sy buik moes ondergaan. Roelof, ’n dieselwerktuigkundige van beroep, is ná die operasie met ’n oop wond na die waakeenheid geneem, waar hy dae lank aan ’n ventilator gekoppel was voordat hy na ’n gewone saal geskuif kon word.

Die wond het egter later vermoedelik sepsis ontwikkel en hy moes weer teater toe sodat die wond skoongemaak kon word.

“Die dokters praat nie juis met ’n mens nie. Sy blaas het boonop ná die operasie in sy buik in begin lek en loop soms uit tot op sy beddegoed. Dan lê hy in die wondvog en urine,” vertel Nonna-Mari.

Om sake te vererger is haar broer boonop ’n diabeet, en kry sommige aande nie kos in die hospitaal nie.

“Dit breek ons harte.”

Roelof Riese se motorfiets ná die ongeluk. (Foto: Verskaf)

Roelof se familie mag hom gedurende vlak 2 van die afsonderingstydperk glad nie in die hospitaal besoek het nie, maar word darem nou gedurende vlak 1 toegelaat om elke dag 15 minute lank in te loer.

Familie en vriende dra nou kos en peuselhappies aan “sodat hy darem net kan voel dat mense nog vir hom omgee”.

“Hy leef vir daardie besoektye.”

Nonna-Mari probeer intussen om R250 000 in te samel sodat haar broer in ’n private hospitaal opgeneem kan word en dié hospitaal “hom vir ons as ’n heel mens kan teruggee,” vertel sy.

Vir meer inligting rakende die fondsinsameling en Roelof se toestand, klik hier.

Maroela Media het Dinsdag reeds ’n volledige navraag aan die departement van gesondheid gestuur en wag steeds op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Francois ·

Sterkte maar dit kan jy verwag van n ANC staatsbeheerde instansie en dan wil hulle dit verpligtend maak. Dit gaan net erger word suid Afrika is in baie opsigte slegter as ander Wes Afrika lande

AW ·

Ek is werklik jammer dat dit met hy dit moet deurmaak.

Tog

Is dit dan maar ook nie ń bewys van Hoe Sleg Dinge in alle werkkikheid is in Staats Hospitale ?

Die vraag is dan ook, as ons die Polisie so sleg sê, waarom dan ook nie die vraag vra….

Is die wat by Staats hospitale werk, so onbevoeg… en net daar om n maandelikse salaris te kry….

Kan nie die woord “Verdien” gebruik nie, want daardie waard is vir die wat “Werk” vir hulke salaris!!

Werklik net HARTSEËR!!

VaalDonkie ·

Ek weet nie hoe dit in Gauteng gaan nie, maar die keer wat ons na Karl Bremer hier in die Kaap moes gaan, eas die dokters en verpleegsters baie goed vir ons. Die probleme wat daar was was as gevolg van gebrekke in toerusting end die beleid van die administrasie. Ek kan niks negatief praat van die mediese personeel nie. Maar as daar bv. nie skoon beddegoed of die regte spuitnaalde is nie, is dit die skuld van die goed wat in Admin en Finansies werk.

Di ·

Al in hierdie land in ten gronde! A jy medies het en by ‘n privaat hospitaal opgeneem kan word is jy nog gelukkig. Meeste personeel in Staatshospitale is onbevoeg, lui en toon geen belangstelling om mense te dien nie, net daar vir die salaris elke maand. Verder hang hulle daar rond soos groep fotos

Parmantige samaritaan ·

Jy praat snert. Daar is baie mense wat uitstekende diens kry.

anniekiewiet ·

Dit sal wonderlik wees as hulle hom by een van die uitstekende staatshospitale kan kry, want sy vertel nie leuens nie, daar is plekke waar mense so swaarkry onder lui onbevoegde personeel.

piet ·

My ondervinding is anders. Het nog altyd uitstekende diens by staatshospitaaldienste gekry. Dis egter waar dat jy beslis nie opgepiep en gepamperlang gaan word soos in ‘n privaathospitaal nie hang ook seker maar van die hospitaal af. Ons kan dankbaar wees daar is nog hospitale wat mense gratis kan bedien wat dit nie medies kan bekostig nie

Shakespeare ·

Viva BEE Viva. Hierdie regstellende aksie met lui, onbevoegde, gewetenlose kader verpleeg personeel kom eintlik op moord neer. Het eersterangse ervaring gehad met die useless kaders. Hulle gee nie ‘n hel om nie.

Ou bees ·

Kyk hulle sal spuit wees as dit ek moet wees en kom lewendig daar uit.

Pieter ·

Jy bedoel seker hulle gaan gespuit wees? Waarmee gaan jy hulle spuit?

Anthony ·

Oor tyd kom nie veel mense agter dat dinge agter uit gaan. Hospitalen is maar een voorbeeld. Barragwaneth Hospitaal – wie onthou dit. Was een van die top hospitale , vandag ? JHB Hospitaal ten duurste gebou en vandag ? Mense aan die stuur – maak oop julle oë ????. As jy nie kan verbeter nie – los dit uit want jy gaan dit net erger maak TENSY dit die bedoeling is en die res “pocket”.

Tanja ·

Waar was die dae toe Suid-Afrikaanse staatsinstellings die beste was, paty die beste in die wêreld.
Dink wetgeewing wat die regeerende party en elke lid van sy famielie verplig om staatsdienste en instellings te MÒÈT gebruik, mag dalk help om dienste te verbeter.
Sterkte aan Roelof en sy famielie.

piet ·

Jy moet in gedagte hou dat baie jare terug daar nie privaathospitale was nie so alle bronne is op staatsinstellings gespandeer. Die las op staatsdienste is ook nou baie meer. Ek kan onthou dat mense ook maar byvoorbeeld heeldag by “buite-pasiente” gesit het om te wag baie jare terug. Wat gebeur het, is dat baie mense gewoond geraak het aan die pamperlang wat hul nou kan geniet in privaathospitale. In die “ou dae” is jy ook nie so gepamperlang in ‘n staatshospitaal soos wat jy nou kry by ‘n privaathospitaal nie.

Mieke ·

Stem nie saam nie!! In my dae was die opleiding en mediese behandeling PUIK!

Jaco ·

Jammer my velkleur is verkeerd: as ek die EFF moes oorneem sou ek ‘n radikale geveg begin om die astronomiese hoë koste van privaat mediese behandeling af te bring. Is dié man se operasie nou regtig R250 000 werd in ‘n privaat hospitaal?

Spookasem ·

5 days in hospital in medi clinic end of 2019. No surgery. R37,000.00 I received excellent and compassionate care. Thank heavens I had a hospital plan then. Now I can’t afford it. I suffer from an extremely rare disease. Going to a state hospital will surely be the end of me. I will rather die in my bed at home.

Mieke ·

Jaco / dit hang daarvan af hoeveel skade daar is en wat alles reggemaak moet word. As jy kwaliteit diens wil hê, gaan jy moet uithaal. Maar bygesê – alles is deesdae so vrekduur en ‘n mediese fonds beteken vandag niks – jy betaal jou watsenaam af en kry regtig nie die dienste waarop jy gehoop het nie!!

Hennie ·

Dit is baie erg! En om te dink hierdie mense wil die NHI bedryf… Tweedens, as jy n motorfiets ry en nie TEN MINSTE ‘n hospitaalplan /mediese fonds het nie, dan is hierdie tragiese gebeurtenis heel moontlik jou voorland as jy val! My seun het ook hard geval met n motorfiets, geen medies gehad nie en dit was ook so n touch-and-go situasie. Sterkte met die fonds insameling!!

anniekiewiet ·

Ek wonder wat die afduimpie-persoon verkeerd sien in hierdie antwoord?

Jr ·

Ons kla oor staatshospitale se verpleegsters wat sleg en lui is. Maar ek dank Liewe Jesus ek het nog medical aid en gebruik privaat institusies. Nou my vraag is – daar is ook baie swart personeel daar in privaat hospitale wat uiters bekwaam, vriendlik, behulpsaam is en gee om vir hulle pasiente. As mens vir opvolg gaan onthou hulle jou. NOU HIER KOM DIE VRAAG. HOEKOM kan hulle dit beywer, maar STAAT verpleegsters nie ( nie almal). Privaat het roetine, verantwoordlikheid, en DISIPLINE. DIE STAAT NIE. So die probleem lê en begin by die management strukture wat groot salarisse trek saam met hulle no care attitudes. Jou staf sal jou net gee wat hulle management toelaat

Jakes ·

Baie jammer om dit te hoor maar dit is ongelukkig die toedrag van sake in meeste staatshospitale. Swak opgeleide verpleging is die oorsaak en n traak my nie agtige houding is algemeen. Tiperend van n ANC regering wat alles in die grond in bestuur en in alles n mislukking veroorsaak.

Harley Davidson ·

Kry julle ooit antwoorde wat julle so stuur vir die departement en polisie of is dit ‘n totale mors van tyd

Parmantige samaritaan ·

Ek het nog nooit van enige terugvoering gelees nie.

Rooikoos ·

Wil ek ook weet. Mens lees altyd MM wag op terugvoer, maar ek lees selde sule terugvoer.

melaney ·

Op SA paaie is dit maar beter om ‘n hele ent agter die voertuig voor jou te ry. Indien die bestuurder voor jou dan skielik afdraai is daar tyd om verby die voertuig te beweeg. Meeste bestuurders moet eintlik nie op SA paaie eers wees nie. Hoop daar is mense wat finansieël vir die pasiënt sal ondersteun.

Marianna ·

Ja, vir baie verpleegsters is dit ‘n job en nie ‘n beroep nie. Veral in die staatshospitale. Vir hierdie verpleegsters is hulle selfone van meer belang as die pasiente. Hierdie job-verpleegsters is lui, vet en gee nie ‘n duit om nie. Hulle is ‘clock watchers’ maar antwoord nie die pasiente se klokkies nie. Alles neem ure om te gebeur. Enige een kan deesdae vir so ‘n job aansoek doen. Of jy nou geskik is daarvoor of nie. Moet ons hierdie gedrag aanvaar? Ek dink dit het tyd geword om ‘spy’s’ by hospitale in te stuur en te gaan kyk wat daar aangaan en die Minister van Gesondheid verantwoordelik hou vir die gemors in die staatshospitale. Baie mense kan vandag nie die astronomiese fooie van mediese fondse bekostig nie en is uitgelewer aan hierdie soort van ‘abuse’.

Keith ·

Ek was selfs vir tien dae in 2018 Livingstone hospitaal opgeneem toe ek n’ operasie ondergaan het vir n’ erg gebreekte skouer. Livingstone nie n’ mooi plek nie. Te veel patiente, onvoldoende sale, te min Dokters, baie swak diens. Moes 4 dae op n’ bed le’ en wag vir die operasie, en die enigste medikasie vir pyn vir daardie eerste 4 dae was “panados”. 3 maande later het x-strale getoon dat die operasie misluk het. Die dokter het vir my n’ keuse gegee – kom weer in 8-10 maande terug vir n’ opvolg operasie, of hoop dat dit natuurlik sal genees. Ek was dankbaar vir die 1ste operasie of se’ maar “poging”, maar het toe die laaste opsie gekies. By staatse hospitale is daar geen “bespreekte” operasies of behandeling , jy moet dood eenvoudig in die ry staan en wag. Mense wat privaat medies kan bekostig kan baie bly wees.

Samuel ·

Dit is baie erg wat met mnr. Riese gebeur het. Dan wil hulle NGV verpligtend maak?

Ongelukkig het privaat gesondheidsorg buitensporig duur geword. In privaathospitale is die mediese sorg beter, maar in die sale gaan dit nie altyd so goed nie. Van die BEE verpleegpersoneel is ook maar lekker rassisties en laks.

Wielspore ·

Ons self het twee naby familie lede wat permanente lewens beperkende beserings opgedoen het na albei op twee verskillende geleenthede in motorfiets ongelukke betrokke was. In vandag se tye in SA moet burgers gereeld risiko bepalings oor hulle lewe en leefstyle doen aangesien die regering al minder sy pligte nakom en kritiekte dienste besig is om te verval. Daar is bo en behalwe mediese fondse ook ander vorms van dekking wat burgers kan help in gevalle soos hierdie. Aangesien daar ‘n derde party betrokke was in die ongeluk gaan sien iemand vir ‘n derde party eis om finasieel voorsiening te maak vir rehabilitasie. Intussen hoop ek van harte dat genoeg geld ingesamel kan word om Roelof die regte behandeling te laat kry. Sterkte!

Janice ·

My swaer is op die oomblik in ‘n staatshospitaal en dit is ‘n nagmerrie. ‘n Vriendin se dogter (in ‘n ander dorp) het so 5 weke gelede geboorte geskenk aan ‘n baie siek babatjie in die dorp se staatshospitaal. Omdat die personeel geweet het die kleintjie het ‘n 100% persent kans gehad om te sterf, het hulle uit die staanspoor geweier om die kleintjie te help. Eers toe die dokter toevallig hoor sy is besig om raad van ‘n ander hospitaal te vra, het hulle baie “reluctantly” begin help.

Nie Verbaas ·

Ons het dieselfde ondervinding gehad met n familielid. Verpleeg personeel was totaal onbevoeg en rassisties. Dan kon n sekere BEE doktertjie in drie weke nie n probleem uitsorteer wat ons twee dae by die huis geneem het om uit te sorteer nie en ek is nie eers n dokter nie. Nasorg pateties. Wel, alles wat deur ANC beheer word is pateties.

Francois ·

Die Kaapse hospitale (van hulle) is al baie oud, en lyk dalk nie mooi op die oog nie, maar die behandeling is meesal van ‘n hoë gehalte. OK, ek het dalk nie van die riller stories gehoor nie. Ek praat maar van wat ek van mense se ervarings hoor, en self ook al gesien het. Lyk of dinge effe beter werk in die Kaap.

Johann ·

En dis DIE standaarde wat die ANC met sy Nasionale Gesondheid Program wil najaag? Behalwe natuurlik vir die KADERS en hul Russiese Mediese Fondse!

anniekiewiet ·

Sal dit nie veiliger wees om hom huis toe te vat en self te versorg nie? Sekerlik sal hy beter versorging kry as waar hy nou niks kry nie.

Adriana ·

Dit is nie net staatshospitale wat sleg is en niks vir jou omgee, ons het ons skoonsuster so verloor gedurende fase 2 inperking, sy het met covid in een van die beste hospitale in die Kaap gewees, hul het net nie omgegee nie, hul het haar te laat op die ventilator gesit en net nie omgegee of sy eet of drink nie, as jy bel sê hul net dit gaan goed. Ons het nie eers kans gehad om vir haar totsiens te sê, net haar man gebel en gesê sy is oorlede en wat moet hul met haar lyk doen. Dit was baie traumaties vir ons familie. So word dokters en mediese personeel se foute begrawe saam met die persoon, want jy is magteloos jy kan niks aan daardie dokters en personeel doen, daar word reguit vir jou gesê jy moet nie eers ñ saak probeer maak teen sulke gevalle. Hul kon haar gehelp het maar net eenvoudig niks omgegee, dit moes nie gebeur het nie, sy kon gesond geword het.

Johan ·

Hou in gedagte dat bekwame dokters,spesialiste,verpleegpersoneel,ensovoorts die land verlaat het, juis agv die onaanvaarbare omstandighede in SA! Sake gaan op alle terreine,veral tov die geneeskunde,vererger! ń Vis vrot van die kop af.

Waarnemer ·

Blame it on ANC….sodra alle volwassenes,blank en nie blank tot die besef kom dat die ANC ons land tot in die afgrond in regeer en nie rond en bont gaan stem in 2024 se verkiesing nie,sal hierdie land weer kan opstaan…maar nee,ontvang n gratis geel hempie en n pakkie slap chips of bly eenvoudig weg van die stembus en alles is mos honkey dory.Sterkte vir hierdie jong man en sy familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.