Naka-aanval: SAPD se ondersoekmetodes bevraagteken

Ondersoekers op die toneel waar Naka Drotske op ʼn kleinhoewe in Pretoria geskiet is (30 November 2018). Foto: Verskaf

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vroeër vandeesweek amptelik ’n navraag aan die polisie gerig weens kommer oor sy beweerde nalatigheid in die ondersoek na die Naka Drotské-aanvalstoneel.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê die toneel is nie na behore afgebaken nie. “Daar is ook versuim om verdagte voetspore te identifiseer en te lig voordat lede van die SAPD die toneel betree het. Lede van die SAPD het op die toneel gerook, terwyl bewysstukke ook agtergelaat en/of oorgesien is, waaronder ’n handskoen wat vermoedelik aan een van die verdagtes behoort, asook ’n tang wat vermoedelik gebruik is om ’n draad te knip om toegang tot die perseel te verkry.”

Volgens Cameron het die SAPD ook voorts die absurde versoek aan Os du Randt gerig dat hy die koeëls wat in die hospitaal uit Drotské verwyder is by hom sal hou sodat die SAPD dit weer later by hom kan afhaal. Du Randt is ’n voormalige spanmaat en vriend van Drotské en was ook die aand van die voorval teenwoordig. Hy het Drotské na die hospitaal gehaas.

“Verder is die klere wat Drotské tydens sy struweling met die aanvallers aangehad het ook nie deur die polisie by die ondersoek ingesluit nie. Drotské se familie het egter die klere veilig gehou en die SAPD daarvan in kennis gestel,” aldus Cameron.

Naka Drotské in die hospitaal.

Tinus Drotské, Naka se broer, het intussen gesê hulle is baie teleurgesteld in die polisie se optrede en diens. Die aanval het plaasgevind op die kleinhoewe waar Tinus ’n huurder is.

“Hulle het 45 minute geneem om te reageer nadat ons hulle van die voorval in kennis gestel het. Die konstabels wat ons aanvanklike verklarings kom afneem het, het dit verbrou en dit ook erken sonder om te blik of te bloos. Ons moes ons toe wéér beskikbaar stel om die verklarings later na behore te voltooi. Ons is baie ontevrede hieroor,” het Tinus gesê.

Volgens Cameron het die Kameeldrift-distrik waar die voorval plaasgevind het, gedurende die jaar ’n vlaag van misdaad beleef. “AfriForum word toenemend deur inwoners van die distrik genader met klagtes oor die SAPD se onvermoë en laksheid in die hantering van gevalle van misdaad, spesifiek ook in hierdie omgewing.

“AfriForum sal voortdurend druk op die SAPD plaas om hul grondwetlike mandaat uit te voer om die publiek te beskerm en hul veiligheid te verseker. Ons sal elke beskikbare forum gebruik om dit te bewerkstellig,” sluit Cameron af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Bad Ballie ·

Geen van die bewysstukke wat in bewaring gehou is deur die familie en Os Du Randt sal in ‘n hof ter oorweging kom nie omdat daar geen bewyse deur die polisie gelewer kan word dat dit wel eg en waar is nie. Ek wag nog vanaf September vir vingerafdrukke om geneem te word na ‘n inbraak hier op Witrivier.

Lekker wag ·

Ek wag al vanaf Augustus 2016 dat vinger afdrukke geneem word by ‘n woonstel wat ek gehuur het, in die Pretoria Moot area, waar hulle ingebreuk het. Ekt al uitgetrek, my ouers het nie gevoel dis veilig vir hul dogter om alleen daar te woon nie.

So welkom by die waggroep

jakes ·

Die polisie is in meeste gevalle onbevoeg om misdaadtonele behoorlik te ondersoek. Hulle word swak opgelei maar word duisende nou bevorder vir hul swak werk.

Henk ·

Hierdie tipe optrede en diens is niks nuuts nie. Geen wonder kriminele word selde gearresteer en minder skuldig bevond in die hof

Pietman ·

Die Kameeldrift Polisie stasie is seker omtrent 1 km soos die kraai vlieg van waar die aanval gebeur het. Swak.

tamboti ·

Piet Pille, weet jy Piet, as die slagoffer die aanvaller skiet, sal hulle 100% anders optree (ek mag nou nie daardie w woord gebruik soos jy nie)
Dit laat my dink, wanneer die SAP gebel word moet mens dalk vir hul se ‘n aanvaller is ook moontlik gewond! (ek meen ‘n mens mag mos so dink)
OO jene dan sal hul reageer met die spoed van wit lig.

Chrisjan ·

Dis die selfde SAPS wat vuurwapen eienaars kriminaliseer en probeer ontwapen. X+X=2X.

ne ·

Die polisie beskerm hulle “broers” Cele sal moet kyk na sy werksmag amper almal is korrup – nou word hulle bevorder!

thelsa ·

Ouens julle kan tog nie verwag hulle moet werk EN dink nie. Hulle kan nie multitask nie. Polosiekollege Opleiding is ‘n goeie voorbeeld van ‘n swak voorbeeld. Wat verwag die land met ‘n slaagpunt van 30% in Matriek. As dit die toppunt van jou vermoë is spreek dit mos vanself waaroor dit gaan.

Frikkie Geld en huis ·

Ja, Thelsa, jy’s heeltemal reg, maar Pandor sien dit nie so nie. Op Afrika standaard is 30% goed genoeg, want hul sien dit nie soos die westerlinge nie. Westerlinge is bekommerd oor die 70% wat die kandidaat NIE ken nie.

Marius van Emmenes ·

Dit word ‘n algemene probleem!!! Ons het twee aande terug die geleentheid gehad om die ondersoekmetodes van twee polisie beamptes te beleef wat ‘n ongeluk ondersoek het. Dit is eintlik maar net ‘n sirkus!!!

leser ·

nog miljoene rande wat vermors gaan word, jammer vir die hardwerkende polisie man/vrou, maar julle word almal deur dieselfde kam geskeer

Petro ·

Ek verstaan die ongelukkigheid. Oor die algemeen is die diens van die SAPS swak, onkundig en somtyds moedswillig. Maar ek wil in die brese tree vir daardie handjie vol wat nog die trots het om hulle land en mense te dien. Daar is nog van hulle want ek het met hulle saam gewerk tydens trauma gevalle. Vir hulle haal ek my hoed af.

Thinus ·

Die Kameeldrift polisie stasie se hele ondersoek eenheid is useless. Ek was in hul kantore oor diestal sake wat bloot net toegemaak was sonder enige ondersoek. Hulle lieg op hul verslae dat besoeke gedoen was net om die saak toe te maak. Hulle kan daardie stasie toemaak want hul onbevoegdheid en luigeid is duidelik sigbaar. Pateties!!!

Geregtigheid ·

Wanneer ANC lede vermoor word word kom aldie speuders bymekaar en hulle het 36 of 72 uur om die skurke te kry. Wanneer blankes die teikens is daar ander reels wat geld.

Abe ·

MM is daar absoluut geen nuus oor die Stella moorde-saak nie. Ek verstaan dat die moordverdagte gister weer in die hof verskyn het.

Theresa B ·

Onbevoegdheid en traak-my-nie-agtige houdings van SAPD ondersoekers. Hulle voel ‘n veer. Hierdie spul kom almal van Mamelodi af en moor en roof op die plotte en kom net weer terug oor die pad. Lê laag en dan doen hulle dieselfde weer…………….

zoom zoom ·

Hulle sluit aan by die polisie Om geld Te kry nie Om werk Te doen nie. Dit is 90% van almal in die staatsdiens en munisipaliteite se uitgangspunt

sons ·

Ek weet al lankal dat die SAPD pateties is. Meeste die oorgrote meerderheid SAPD het opsuluut geen maar geen opleiding nie hulle het net ingestap in die werk in, en hulle het nie ‘n passie vir die werk wat hulle doen nie.

Ben ·

Hoekom sal die SAPS nou omgee , hulle smul aan sulke gebuere , want die opdrag kom van hulle base af

Willie ·

Ek hoop regtig die Sort manne gaan daad by word voeg en Ramapadaman sien! Dit ook die wye wereld in verkondig!

Piet Pille ·

Wit persoon wat geskiet is, as dit andersom was het cele die hele mag gekry om te ondersoek en te vang. Polisie in daardie omgewing is deel van die inbrake en aanvalle dis waarom hul so lank vat om te re-ageer.

LHS ·

Dit is regtig nie eers nodig om net na die SAP te verwys nie, wys my eerder watter strukture is nog funksioneel. Presies orals gebeur presies dieselfde. Cele is net bekommerd oor sy hoed en die image wat hy wil voorhou.

Bekommerd ·

Niks snaaks, het plaasaanval 02;00 op 6 Desember 2018 gehad. Arbeider op plaas aangerand en mishandel om inligting te bekom. Nadat polisie daar was en alles bekyk het ens moes daar gewag word vir vingerafdruk mense. Verskeie items wat nie deur die polisie gesien is nie is gekry, self na spore gaan soek en baie duidelike spore gekry. Tot nou wag nog vir honde eenheid nadat die bevelvoerder gebel het en gese het hulle is op pad. Ook nog niks van speurders gehoor nie.

schalk ·

Polisie voertuie,deedae skoolkarre,taxi’s,restaurante,slaapplekke,em dan verdwyn hulle spaarwiele,domkragte ensovoorts,snaaks hulle het brandstof ingehad.Maroela gaan kyk hoe kyk hul voertuie wanneer hul ingaan vir reperasie of na die paneekkloppers toe gaan.Doen slag iets en maak n morele bydrae tot voor uitgang.Ek daag julle.Naka sterkte ou maat.

Sinies ·

Die bedoeling is om die ‘ondersoek’ te laat misluk.
.
Staats (ANC/EFF) tegniek vir die laaste 30 jaar om hul ideologie deur ‘misdaad’ tot uitvoering te bring.
.
Staats veiligheidsagentskappe ten diepste in die agtergrond betrokke.
.
Daar is geen bedoeling om die misdade op te los nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.