Naka Drotske geskiet

Naka Drotske. Foto: Facebook

Naka Drotske, die oud-Springbok-haker en Cheetah-afrigter, is in Kameeldrift in Pretoria geskiet.

Volgens Ian Cameron, AfriForum se nasionale hoof van gemeenskapsveiligheid, het die skietery Donderdagaand op ʼn kleinhoewe gebeur waar Drotske se broer bly. Cameron sê baie min inligting is in die stadium beskikbaar. “Volgens die inligting wat ons ontvang het, is hy drie keer geskiet waarvan een skoot in die bors was,” sê Cameron.

Hy sê Drotske is ná die voorval na ʼn hospitaal gehaas en op pad daarheen was die voertuig in ‘n ongeluk. “Dit was duidelik net ‘n rampspoedige aand.”

Dit is in die stadium nie duidelik wat die aard van Drotske se beserings is nie, hoewel inligting op sosiale media beweer dat hy in ‘n ernstige toestand is.

Oor mediaberigte dat Drotske in ‘n kaping geskiet is, sê Cameron die voorval het beslis op die kleinhoewe gebeur. “Of hy dalk by die hek of naby sy voertuig geskiet is, weet ek nie. Ons is besig om die korrekte feite vas te stel.”

Kapt. Michael Mbewe, polisiewoordvoerder, kon nie onmiddellik die voorval bevestig nie en Maroela Media wag op terugvoer.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Willie ·

Dis tragies! Wanneer gaan die gemors ophou? Waar is daadwerklikke polisieering?

Basie ·

Dit gaan nie ophou nie, dit is die regering en EFF en BLF se plan om van die blankes ontslae te raak. Ek sien gister in ‘n kommentaarkolom verskeie rassistiese aanmerkings jeens plaasboere waarvan een was . ITS NOT SAFE FOR WHITE FARMERS ON THEIR FARMS, hand it back to the black people and disappear forever and don’t come back.

What a joke! ·

En iemand sal moet begin ontslae raak van die radikale eff die malemas wat uit is om die blankes in Suid Afrika uit te wis!

ferdi ·

Huil julle no nog oor polisiering vergeet van di polisie kyk hoeveel misdaad is hul in betrokke word wakker

annie ·

Elke dag word iemand geskiet, verkrag, beroof, aangeval, geslaan wanneer gaan dit ophou. Mens hoor nooit dat hulle die skuldiges gevang het nie – want dit word net nie gedoen nie. Sterkte aan almal. Hierdie land het geen meer orde nie en die vertroue in ons SAP word ook elke dag swakker en swakker.

Anoniem ·

Kameeldrif is seker die onveiligste plek om in te woon. Hulle is meer in die nuus vir roof, moord en ander geweldadige gebeure as enige groot stad in SA. Sterkte word u toegewens Naka.

Rina Kotze ·

Sterkte Naka.

Mag ons Hemelse Vader met jou en jou familie wees in hierdie tyd.

Mag jy opstaan hiernaa met ‘n getuienis van hoe ons Here jou gered het.

Rina Kotze ·

Sterkte Naka!

Mag ons Hemelse Vader jou hierdeur dra asook jou familie!

Perd ·

Niemand word ontsien nie…..NIEMAND
Soos iemand genoem het, dit word net erger….wees paraat…veral op daai kleinhoewes…n goeie vriend van my is ook daar, tromp op, point blank, van voor af in die kop doodgeskiet…
Wees eenvoudig net wakker en waaksaam…dit kan met enige iemand gebeur…wies volgende!!!

J van Rustenburg ·

As ‘n mens so sukkel om inligitng te kry word iets weg gesteek Ons sal maar sien wat kom uit

mari ·

Ek is seker al Naka en sy broer se veiligheidsmaatreëls was in plek, soos al die Boere op plase en kleinhoewe, sonder om staat te maak op die SAPD, maar op sy mede boere en omliggende gemeenskap. Ek kan jou verseker dat dit hoogstens 10 minute na die voorval, soos Nampo gelyk het op daardie hoewe , van Boere wat omgee en Boere wat saamstaan. Die feit dat hy 3 keer geskiet is sê vir my hy het nie net geval nie, hy het geveg! Sterkte Naka, jy is voorwaar ñ Legende. RESPEK.

Johan ·

Shocking!!!!Naka is bekend oor die rugbyspelende wereld.Afriforum wat die enigste instansie is wat ALTYD iets doen,laat die wereld Nou HOOR.Naka,sterkte ou Bul,jammer met wat jou en Os hier in Bul wereld gebeur het waar julle altyd gerespekteer is.

Henk Botha ·

Dit is baie jammer om te hoor en ek hoop nie sy dood was ook maar net nou nog iets wat gebeur het in Suid Afrika nie, maar dat die media en rugby wereld die geweld en moord in Suid Afrika sal bloot lê aan die wereld en dat mense sal kennis neem wat aan die gebeur is.

Maraai ·

Kameekdrift Oos of Wes ? MAROELA media weet julle daar is n Oos en n Wes Kameeldrift ?

Judge Dredd ·

Wonder of Naka van nou af nog so lekker Nkosi Sikilele gaan sing?

sus ·

Daars ander berigte dat Os du Randt ook saam gekuier het, maar Maroela noem niks ….

Hoop Naka word gou gesond ….

Elize ·

Mense moet wakker skrik! Die goeie ou dae, toe jy nog kon hulp vra van die polisie, is verby… Hoekom dink julle, is driekwart van die polisie en die SANDF nou swart? Die blankes is uit hul poste uitgewerk en hulle is almal teen ons. Die SAP, bestaan nie meer vir ons nie, ons is op ons eie…

Francois ·

Sien oor die algemeen kies die media hul taal baie akuraat- kleinhoewe.. nie plaasaanval nie.

Riana ·

Ek stem saam met jou J van Rensburg…. as dit ‘n gewone aanval was sou die media dit gesê het… dalk familie geveg? ……

Pieter ·

Ai Riana en J van Rensburg. Om te te spekuleer oor wat gebeur het is onvanpas. En dan nog sommer die familie by te sleep met familiegevegte. Die mense is hartseer en bekommerd en het nie belaglike opmerkings nodig nie

Wouter ·

Gelukkig is daar geen plaasaanvalle in Suid Afrika nie, as ek ons president reg gehoor het…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.